Afrikaanse Artikels

Algemeen

Flower Valley Conservation Trust

Geleë op die Agulhas-vlakte, noord-oos van Gansbaai, in die Wes-Kaap is die plaas Flower Valley midde in die skouspelagtige Kaapse Blommestreek en dis waar die Flower Valley Conservation Trust gevind word. Hierdie bewaringstrust het ten doel om die inheemse fynbos te beskerm op ‘n wyse wat die plaaslike gemeenskappe in staat stel om hierdie natuurlike bate te ontwikkel tot lewensvatbare praktyke.


Algemeen

Die Suidelike Spoorwegroete

Die roete begin by Kaapstad se hoofstasie en stop te Nuweland, Observatory, Muizenberg, Kalkbaai en Simonstad en bied aan passasiers ‘n unieke blik op die Kaapse Skiereiland met ‘n spoorlyn wat soms slegs enkele meter van die see af loop. Met ‘n dagpas kan passasiers tussen 10:0 en 16:00 by enige van die haltes afklim en weer op ‘n volgende trein klim. Indien u op die Skiereiland vir ‘n Kaapse vakansie tuisgaan, kan die trein gebruik word vir ritte na die Kaapstad middestad of enige ander bestemming, elk met sy unieke bekoring.


Algemeen

Boediste Rusplek te Ixopo

Vir meer as twintig jaar reeds is die Boediste Rusplek in Ixopo, te Kwazulu-Natal reeds bekend daarvoor dat hulle besoekers verwelkom wat die besige skedules vir ‘n tydlank wil ontvlug om hulself te vind midde in ‘n gebied met besondere natuurskoon en rustigheid. Die toevlugsoord is geleë op ‘n bergrif wat uitkyk op die Umkomaasrivier wat ‘n uitsig bied oor inheemse valleie en welige plantegroei met stil plekke perfek vir meditasie en tyd vir nadenke. Wandelroetes kronkel deur die 300 hektaar perseel. Voëllewe is volop em dis ook die broeiplek van die skaars Blouswawel. Die Boediste Rusplek is aangestel deur die Bedreigde Wildlewe Vereniging as die bewaarplek vir hierdie voëspesie en is deur Nelson Mandela tydens sy presidentstermyn erkenning gegee vir hul bewaringswerk.


Algemeen

Helderberg Wynroete

Noord van Somerset-Wes tot by Stellenbosch en suidoos tot by Sir Lowry’s-pas is die Helderberg Wynroete wat ook die majestieuse Helderberg insluit met teen die hange van Suid-Afrika se beste wingerde. Die Helderberg-streek is waarlik een van die Wes-Kaap se juwele wat verdien om verken te word. Die natuurskoon is uitsonderlik en dit bied ook die tuiste aan van die land se oudste wynkelders en is gevolglik deurspek met geskiedenis en kultuur met sommige kelders in familie-besit vir baie geslagte.


Algemeen

Danabaai op die Tuinroete

Danabaai is op sigself ‘n aangename bestemming by Mosselbaai en word dikwels slegs as ‘n voorstad van die skilderagtige Mosselbaai beskou. Daar is egter veel meer aan Danabaai as wat met die eerste oogopslag gesien word en dit is een van die paar plekke in Suid-Afrika waar diere die reg van gang het en waar mense hul bestaan inrig volgens die bepalings van die natuur. Dis ‘n gemeenskap wat strewe om wildlewe en plantegroei te bewaar en te beskerm en is gevolglik ‘n belanrtike deel van die asemrowende Tuinroete.


Algemeen

Vaal Meander

Wanneer mense met skeppende talent byeenkom vir ‘n dinkskrum is die produk gewoonlik ‘n meesterstuk. Dit was ook die geval met die Vaal Meander. Slegs ‘n uur per motor weg van stadsgewoel van Johannesburg is daar ‘n wêreld van mooi gesigte, kreatiwiteit en ontspanning wat reeds ‘n gewilde wegkomplek vir die plaaslike bewoners geword het en ook die volmaakte plek is vir spesiale geleenthede en ‘n kans vir toeriste om die stiller aspekte van Suid-Afrika te ontdek en tog is dit na aan stede en dorpe.