This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Speedo Ysswem Afrika

Ses kouewater veterane en tot soveel as dertig ander swemmers Is reg vir een van die koudste swemgeleenthede in Afrika wanneer hulle in die yskoue dam by Fraserburg, naby Sutherland, in die middel van die winter gaan spring vir die eerste Speedo Ysswem Afrika

Lees meer..

Algemeen

DumaZulu Traieisone Stat

Vir plaaslike en internasionale besoekers kan 'n besoek aan die DumaZulu Tradisionele Stat 'n baie genoeglike ervaring wees. Dis naby Hluhluwe geleë en kan maklik bereik word van Durban of Johannesburg. Die naam beteken Dreunende Zoeloe en is verklaar tot 'n outentieke tradisionele stat tydens die opening daarvan deur koning Goodwill Zwelihtini. Daar is geen beter plek in Suid-Afrika waar die Zoeloe-stam en verskeie ander plaaslike stamme ontdek kan word nie. Dit is ‘n interaktiewe toeriste aantreklikheid en is pret, opvoedkundig en kleurvol.

Lees meer..

Algemeen

Wêreldbeker 2010 Stadions in SA

Spoedig gaan mense van orals uit die wêreld na Suid-Afrika kom vir die Sokker Wêreldbeker. Die land het alles in gereedheid gebring vir hierdie besondere gebeurtenis en die stadions wat gebou is, was nie die minste van alles nie.

Lees meer..

Algemeen

Birds of Eden 'n Paradys

Net buite Plettenbergbaai is daar 'n tropiese avontuur vir die hele gesin om te geniet. Inheemse woude, wandelpaaie, helder strome en bruggies werk mee om 'n veilige en skouspelagtige hawe vir voëls wat Birds of Eden hul tuiste gemaak het. Dit het reeds ‘n baie gewilde aantrekingskrag vir besoekers geword met voëlsang, kleur en 'n groot verskeidenheid voëlspesies. Oorsese besoekers sal veral verras wees met die groot verskeidenheid Suid-Afrikaanse voëls en dan is daar ook 'n aantal eksotiese spesies.

Lees meer..

Algemeen

Die Historiese Dorpie Carnarvon

Vanaf ongeveer 1795 het groot getalle van die Xhosa gemeenskap langs die Oranjerivier begin migreer. Dit het aanleiding gegee tot gevegte tussen die Xhosas, die Boere, die Korannas en die Khoikhoi-stamme. ‘n Sendingstasie is eindelik gevestig in 1847 deur ds. Christoph Alheit wat dit Schietfontein genoem het. Hy het sy werk onder die plaaslike stamme begin en beide ‘n skool en ‘n kerk gevestig. Die sendingstasie het gelei tot die stigting van ‘n dorpie, Harmsfontein in 1860. Sommige van die oorspronklike geboue wat tussen 1811 en 1815 opgerig is, is nog daar te sien in die historiese dorpie wat herdoop is tot Carnarvon in 1874.

Lees meer..