Algemeen
Na rolprente soos Top Gun of spannende dokumentêre prente oor werklike luggevegte wens baie kykers dat hulle ook die geleentheid kan kry om die lugruim aan te durf. Maar nie in ‘n lugreus van ‘n kommersiële redery of in ‘n klein privaat vliegtuigie nie, maar wel in ‘n straalvegter wat deur die lugruim klief teen duiselingwekkende snelhede. Ongelukkig kom die meeste van ons nie nader daaraan as aan ‘n lugskou of ‘n lugvaartmuseum nie. Maar daar is wel ‘n plek waar sulke drome bewaarheid kan word en wat die ervaring van ‘n vegvlieënier binne bereik van almal plaas, en dis by Thunder City.
Algemeen
Om ‘n stukkie paradys aan die Noordkus van Natal te beleef, is ‘n besoek aan Zinkwazi ‘n moet. Slegs 80 km noord van Durban aan die mond van die Zinkwazirivier is een van die oudste, tog mooiste, vakansieoorde in Natal te vind. Zinkwazi is ‘n Zoeloenaam wat “plek van die visarend” beteken en doen ten volle gestand aan die naam en is tuiste vir ‘n wye verskeidenheid voëllewe en veral vir die majestueuse visarend wat tuis is in hierdie subtropiese paradys.
Algemeen
Gedurende 2003 en 2004 het die Cape Town Military Tattoo twee kleiner weergawes van die militêre skouspel wat tussen 15 en 17 November 2007 by die Kasteel in Kaapstad plaasgevind het, aangebied. Vir die volgende vier jaar sal ‘n soortgelyke skouspel aangebied word as aanloop tot die 2010 Sokker Wêreldbeker. Hierdie vertonings is eie aan Suid-Afrika aangesien elkeen ‘n geselekteerde nabootsing (re-enactment) van militêre gebeurtenisse in Afrika sal wees, ook betreffende voorkoms en vorm.
Algemeen
Kaapstad is ‘n stad met bykans ontelbare toeriste aantreklikhede en kan die besoeker vermaak op velerlei wyses en terselfdertyd ‘n blik gee in die geskiedenis en kultuur van hierdie gediversifiseerde land. Een so ‘n plek is die Gold of Africa Museum in die Martin Melck-huis, ‘n stylvolle gerestoureerde historiese landmerk in Strandstraat. Die Martin Melck-huis is in 1783 gebou en word beskou as een van die beste oorblywende voorbeelde van plaaslik ontwikkelde argitektuur in die 18de eeu.
Algemeen
Die beboste dele van Magoebaskloof is bekend daarvoor dat daar van die mees skouspelagtige voëlspesies in Suid-Afrika voorkom. Honderde voëlkykers trek jaarliks hier saam om die wonder van die ongerepte woude te ervaar en geduldig te wag om die ontwykende voëls in hierdie ongeskonde natuur te kan sien. Ten einde die publiek nog meer bewus te maak van die verstommende verskeidenheid voëllewe in die Limpopo area, tree die Letaba Route and Glendower op as gashere vir die jaarlikse Glendower Voël- en Bosfees.