Algemeen
Die Karkloof Natuurreservaat is in die Natalse middelande geleë. Hierdie steil area met ‘n platkop met inheemse woude strek van Rietvlei tot by Curry’s Post ─ ‘n afstand van ongeveer 50 kilometer. Die 88 meter-hoë Karkloof waterval is ‘n verstommende gesig en besoekers kan dit geniet terwyl hulle ‘n piekniek hou of selfs braai in die skaduryke omgewing rondom die waterval.
Algemeen
Met die eerste oogopslag lyk Citrusdal in die Wes-Kaap na net nog ‘n klein plattelandse dorpie, maar met nader kennisname word dit duidelik dat die besoeker talle avonture kan ontdek. Soos uit die naam afgelei kan word, is Citusdal bekend vir sy kleurvolle vrugteboorde en natuurlik ook vars lug met die geur van sitrus en dan is daar ook nog die asemrowende Sederberge. Slegs sowat twee uur vanaf Kaapstad is Citusdal ‘n bestemming propvol natuurskoon en talle toeriste aantreklikhede.
Algemeen
Die Nan Hua Boeddhiste tempel in die omgewing van Bronkhorstspruit, Suid-Afrika is die grootste Boeddhiste tempel en seminarie in Suid-Afrika. Dit dien as die hoofkwartier in Afrika vir die grootste klooster in Taiwan, die Fo Guang Shan orde (Buddha’s Light Mountain order). Fo Guang Shan, wat ‘n Mahayana-Sjinese Boeddhiste kloosterorde is, is deur die Agbare Meester Hsing Yun in 1967 gestig.
Algemeen
Die J&B Met(ropolitan) is meer as net nog ‘n perderesies byeenkoms. Dit is ‘n byeenkoms van diegene op die top sosiale register asook een van die grootste mode uithanggeleenthede van die jaar. Vanjaar het die J&B Met sy dertigste verjaarsdag gevier in die styl en swier wat sinoniem met die geleentheid geword het. Op 26 Januarie 2008 sal die Kenilworth resiesbaan asook die hele Kaapstad weer oorgehaal wees vir hierdie asemrowende dag van perderesies en ontwerpersmodes.
Algemeen
Die Artscape operateater in Kaapstad gaan die gasheer wees vir die loodsing van die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie wat vir 14 tot 19 Januarie 2008 beplan word. Die kompetisie is deur die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Balletteater, mnr Dirk Badenhorst geïnisieer met die doel om internasionale blootstelling vir plaaslike en buitelandse dansers te bewerkstellig en ook om regisseurs van plaaslike en buitelandse geselskappe aan nuwe talent bloot te stel.