Algemeen
Suid-Afrika is ‘n land van diversiteit, veral met betrekking tot sy inwoners. Dit is ‘n kleurvolle mengsel van ras en religie wat nie êrens anders so gemaklik voorkom nie. Elke groep het ‘n geskiedenis of ‘n verhaal asook ‘n trotse erfenis wat verdien om bewaar te bly. Die Suid-Afrikaanse Joodse Museum is in die jaar 2000 geopen deur die legendariese Nelson Mandela.
Algemeen
Die uitroep van ‘n nasie kon gehoor word as weerklink dwarsoor die land toe die eindfluitjie geblaas is vir die finaal van die Rugby Wêreldbeker in Parys, Frankryk op 20 Oktober 2007. Dwarsdeur Suid-Afrika was die strate, huise, tavernes en kroeë verswelg deur ‘n golf van groen en goud; lofprysinge, trots en uitbundigheid oor Suid-Afrika se oorwinning oor Engeland, die verdedigende kampioene, was oorweldigend. Die geleentheid was egter nie slegs ‘n asemrowende oomblik in die geskiedenis van wêreldrugby nie, maar ‘n hartgrondige emosionele oomblik vir elke Suid-Afrikaner en Springbokondersteuner.
Algemeen
Aan die voet van die bekende Tafelberg in Kaapstad is die Kirstenbosch Botaniese Tuine. Dit is die tuiste van ‘n indrukwekkende versameling inheemse Suid-Afrikaanse plante en beslaan ‘n ongelooflike 528 hektaar. Die Liesbeekrivier gee water aan die tuine en die totaalindruk wanneer die besoeker rondom hom kyk, gee gestalte aan die grafskrif van professor Pearson, die eerste direkteur van Kirstenbosch Botaniese Tuine: “If ye seek his monument, look around.”
Algemeen
Wanneer ‘n mens selfondersoek doen, word dit duidelik dat almal hunker na ‘n wêreld van aanvaarding, verdraagsaamheid, en, belangrikste van alles, vrede. Om te kan lewe, lief te hê, te droom en te aanbid in ‘n omgewing waar kleur, godsdiensverskille en nasionaliteit geen rol in ons daaglikse speel nie, is ‘n ideaal. Maar oorloë woed rondom ons en mense verloor hul lewens of hul geliefdes in die naam van Wêreldvrede. Midde in hierdie warboel vergeet mens dikwels wat kardinaal is tot oorlewing. Awesome Praise is ‘n konsert wat bewys dat wanneer die fokus geplaas word op God en Sy boodskap van liefde en vergiffenis, ‘n omgewing geskep kan word waar ‘n nasie kan aanbid en loof soos ‘n eenheid.
Algemeen
Ten einde ‘n tydjie te kan wegkom van Johannesburg se gejaagde lewe knyp talle stedelinge ‘n tydjie af om te ontspan in die rustige atmosfeer en die natuurskoon in die omgewing van die Hartebeespoortdam. Selfs buitelandse toeriste in Suid-Afrika word verlei na hierdie wegkruipplekkie, wat, buiten die natuurskoon en stilte, talle aktiwiteite aanbied. Hartebeespoortdam is ‘n juweel slegs 45 minute vanaf beide Johannesburg en Pretoria, maar ver weg van die stadsgewoel.