Algemeen
Dit maak nie saak of jy ‘n whisky fynproewer is, of dit by geleentheid gebruik nie, of nog nooit die voorreg gehad om die kunsvorm van hierdie gewilde drank te ervaar nie, die FNB Whisky Live Festival is vir elkeen van hierdie kategorieë bedoel. Dis die vyfde keer dat die fees aangebied word en vind beide in Kaapstad en Johannesburg plaas en spog met uitsoek whiskies vanuit Suid-Afrika en van die res van die wêreld.
Algemeen
Die Afrika Ysterperd Rodeo word by die Pretoria Skougronde van 12 tot 14 Oktober 2007 gehou en beloof om ‘n geleentheid te wees wat lank onthou gaan word met ‘n program wat motorfietsryers gaan teiken met items en uitstallings wat iets vir elke lid van die gesin bied. ‘n Groot deel van die wins gaan aan liefdadigheid wat reeds baat vind by die Africa Iron Horse Rodeo deur Steelwings.
Algemeen
Talle inwoners van Johannesburg het rede om fees te vier in Oktober, Die Black Eyed Peas gaan optree slegs vir een dag en wel op 12 Oktober 2007 by die Nasrec Sentrum. Hierdie optrede is deel van hul “Black, Blue and You” toer wat hulle na veertien lande gaan neem met Suid-Afrika negende op die lys.
Algemeen
Te midde van die gewoel van die stadslewe in Gauteng, Suid-Afrika se digsbevolkte provinsie, gaan diereliefhebbers na die Coca Cola koepel in Northgate, Randfontein van 30 November tot 2 Desember 2007 vir Equestria 2007. Soos uit die naam afgelei kan word, is die fokus van hierdie gebeurtenis op alles wat verband het met perde. Die voog van hierdie byeenkoms is Gary Player, die wêreldberoemde gholfspeler wat self ‘n vermaarde ruiter is, en wat die byeenkoms sien as die toonvenster vir plaaslike talent en ook aan ruiters die geleentheid bied om die nodige ervaring op te doen ten einde internasionaal te kan meeding.
Algemeen
Leopard’s Leap Wynmakery is nie slegs bekend vir hul uitstekende wyne nie soos hul Chenin Blank (wat vermeld is in die New York Times) maar ook vir hul groothartigheid. Die wynlandgoed is betrokke by liefdadigheidsgebeure, boekklubs, bewaringspogings en ook vir die hou van gholftoernooie. In samewerking met die Chandelier Wildherberg en Volstruisplaas, Ton’s Sport and Cycle, Beveras en Dryland, bied hulle die Leopard’s Leap Chandelier Bergfiets Uitdaagwedren in Oudtshoorn aan.