This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die sensasie van valskermspring (skydiving) in Suid-Afrika

Ervare valskermspringers weet alles van die adrenalien jagende ervaring wat die sport inhou en wil, veral wanneer met vakansie, nie ‘n geleentheid om te spring misloop nie. Gelukkig het Suid-Afrika valskermklubs in al die vernaamste toeriste sentra asook in ‘n aantal kleiner stede soos Pietermaritzburg en Grahamstad met die gevolg dat die geleentheid om te spring nooit regtig ver weg is nie.

Algemeen

Kaapstad Internasionale Komediefees 2007

Die Kaapstad Internasionale Komediefees 2007 wat reeds verlede jaar sy tiende verjaarsdag gedenk het, is reeds ‘n hoogtepunt in die sosiale kalender van duisende Kapenaars en het ook reeds ‘n groot aanhang uit die res van Suid-Afrika opgebou. Hierdie gewilde gebeurtenis duur van 3 tot 23 September 2007 en het reeds ‘n reputasie opgebou vir die topgehalte komediante wat vanuit alle dele van die samelewing getrek word. Vanjaar is ook geen uitsondering nie en gehore kan uitsien na ‘n aantal uitmuntende vertonings deur plaaslike en internasionale komediante wat elkeen spog met sy eie tipiese humor.

Algemeen

Die Breedekloof Buitelugfees

Jaarliks in Oktober word Suid-Afrikaners se passie vir die buitelug gevier met die Breedekloof Buitelugfees. Hierdie fees, wat altyd goed ondersteun word, vind plaas in die natuurskone Breedekloof wynstreek wat een van die Wes-Kaap se grootste wynproduserende valleie is en die volgende streke insluit: Goudini, Slanghoek, Breederiviervallei en Rawsonville - almal binne ‘n uur rytyd van Kaapstad. Hierdie fees vind vanjaar plaas van 12 tot 14 Oktober.

Algemeen

Arts Alive – September is dié maand

Suid-Afrikaners sien altyd uit na September as die einde van die winter en die begin van lente. Vir liefhebbers van alle kunsvorme - dans, musiek, beeldende kunste, die teater, film, digkuns, komedie en so meer - is September altyd ‘n besondere opwindende tyd. Die jaarlikse 'Arts Alive' fees in Johannesburg bied dwarsdeur September iets vir elkeen en lok besoekers van ver.

Algemeen

Nasionale Vrouedag - 9 Augustus

Elke jaar op 9 Augustus vier Suid-Afrikaners met uiteenlopende kulture en rasse Nasionale Vrouedag. Hierdie jaarlikse openbare vakansiedag roep die datum 9 Augustus 1956 in herinnering.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator