This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die groeiende sport van skaats (nie ski) agter ‘n motorboot

'Wakeboarding' het nog nie ‘n lekker Afrikaanse naam nie. Volgens die woordeboek is die ‘wake’ van ‘n boot ‘n volgstroom of warrelgebied. Vir die doel van hierdie bespreking noem ons dit bootskaats. Na ’n beskeie begin het die sportsoort in Suid-Afrika al gegroei om selfs al met ‘n wêreldkampioen na vore te kom en het steeds ‘n vinnig groeiende getal entoesiaste. Met reeds ‘n Suid-Afrikaanse kampioenskap en skaatsers wat hul land internasionaal verteenwoordig, is dit geen wonder nie dat dit besig is om in ‘n gewilde sportsoort te ontwikkel.

Algemeen

Genotvolle vakansie by Spier Landgoed

Geleë in die hart van die Kaapse wynlande is die skilderagtige bestemming, die Spier Landgoed. In die distrik van Stellenbosch is die landgoed omring met asemrowende natuurskoon en beskik dit oor ‘n verskeidenheid avontuurlike ekskursies en aantreklike ontspanningsgeleenthede. Die interessante verhaal van die Spier Landgoed in Stellenbosch begin in die jaar 1692. Die geboue op die landgoed sluit in ‘n slaweklok en ‘n herehuis wat gerestoureer is tot hul oorspronklike glorie vir besoekers. Die wynkelder op die landgoed is die oudste in Suid-Afrika.

Algemeen

Robert Hunter se Tour-de-France oorwinning

Die Suid-Afrikaanse fietsryer, Robert Hunter, het ‘n belangrike oorwinning vir die Barloworld-span en vir Suid-Afrika behaal toe hy die 11de skof in die Tour-de-France fietswedren gewen het. Voor hierdie uitstaande oorwinning het hy 4de in die 1ste skof; 5de in die 2de skof; 2de in die 4de skof; en 8ste in die 6de skof gekom. Dit was ‘n opwindende oorwinning toe Robert Hunter vir Murilo Fischer en Fabian Cancellara in die pylvak gewen het.

Algemeen

Distrik Ses Museum - ‘n interessante wandeling deur die geskiedenis

Die sogenaamde apartheid regime is wêreldwyd in ‘n mate bekend vir ontwrigting en tragedies in Suid-Afrika slegs enkele dekades gelede. Vandag is die land omvorm tot ‘n plek met vrye vermenging van rasse, kulture en godsdienste. ‘n Besoek aan die Distrik Ses Museum sal egter die ontberings van vroeër weer duidelik onder die aandag van die besoeker bring.

Algemeen

SA se nuutste aangewese Mokala Nasionale Park

Mokala is die nuutste Suid-Afrikaanse nasionale park wat deel word van die SA Nasionale Parke-groep. Hierdie 19,611 hektaar grootte park is geleë in die heuwelagtige gebied 80 kilometer suidwes van Kimberley. Kimberley Internasionaal is die naaste lughawe indien ‘n toeris daarheen wil vlieg. Vanaf die lughawe kan ‘n motor gehuur of ‘n toerbus gehaal word na die park.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator