This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

‘n Soweto-verhaal

Die tragiese verhaal van Romeo en Juliet; die twis tussen twee families, die Montagues en die Capulets; en die uiteindelike vernietiging van die twee minnaars is allerbekend. Hierdie verhaal is sekerlik al met talle variasies oorvertel, maar nog nooit met ‘n Afrika-karakter nie. Gedurende Maart 2007 het die musikale weergawe van hierdie verhaal in die Nelson Mandela Teater begin as die 'Soweto Story'.

Algemeen

Die Soweto Strykkwartet

Andersklinkende musiek met ‘n eie karakter het gedurende die tagtigerjare vanuit die tradisionele swart buurte begin kom, wat beide die Afrika-ritmes asook die tradisionele agtiende eeuse Europese instrumentale klanke saamgevat het. Tradisioneel bestaan ‘n strykkwartet uit vier musikante met vier musiekinstrumente ─ gewoonlik twee viole, ‘n tjello en ‘n altviool.

Algemeen

Nasionale Boomplantweek in Suid-Afrika

Talle lande oor die wêrerld erken die waarde om die jeug op te voed in die belangrikheid om die omgewing so ‘groen’ as moontlik te hou. Juis hieroor het baie lande ‘n boomplantdag een maal per jaar - ‘n dag waartydens bome geplant word en die belangrike rol wat bome in die lewensiklus speel, beklemtoon word. In Suid-Afrika word hierdie belangrike funksie versprei oor ‘n hele week.

Algemeen

Suid-Afrika se verontregte erdvark

Suid-Afrika se erdvark (Orycteropus afer) is ‘n ongewone spesie, bekend vir sy grawe van tonnels en dieet van termiete. Die naam erdvark (Eng. Aardvark dus earth pig) het sy naam ontleen aan die ou vorm van Afrikaans (erd = aard). Sy voorkoms wat ietwat aan ‘n vark herinner is egter misleidend want dit is nie familie van die vark nie, trouens, die erdvark behoort aan sy eie familie Orycteropodae van die genus Tubulidentata. Vervolgens meer oor hierdie dier van Afrika.

Algemeen

Hoop op die horison vir Suid-Afrika se Vigs epidemie

In die jongste verlede is aandag gevestig op die stygende tendens ten opsigte van die voorkoms van VIGS in Suid-Afrika en dit het tot heelwat belangstelling gelei - sommige besorgdhede gegrond en ander ongegrond. Vrae duik op soos: Wat is werklik die VIGS situasie in Suid-Afrika? Is dit veilig om Suid-Afrika te besoek? Antwoorde is nodig sodat ‘n besoeker gemoedsrus kan hê tydens ‘n vakansie in die land.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator