Algemeen
Suid-Afrika is wêreldbekend vir sy wildlewe en toeriste kom vanuit alle wêrelddele om die talle wildreservate te besoek. Suid-Afrika is egter ook ‘n voëlkyk paradys ─ ‘n feit wat dikwels nie aan die internasionale gemeenskap bekend is nie. Met die aktiewe bemarking van avitoerisme word verwag dat dié toedrag van sake gaan verander soos meer voël-entoesiaste, plaaslik asook van oorsee, die ryke voëllewe van Suid-Afrika begin ontdek.
Algemeen
Slegs 45 minute per pad vanaf die O R Tambo (Johannesburg Internasionale) Lughawe, in die Noordwes Provinsie, is die fassinerende Krokodilrivier-ervaring (Crocodile Ramble) wat die wieg van die Mensdom (Cradle of Humankind) en die reis deur Hartebeespoort insluit. Dis ‘n aangename ontdekkingstog. Wanneer besoekers deur hierdie area wandel, kom hulle ‘n verskeidenheid aktiwiteite tee wat kuns- en handwerk ateljees, tuisvervaardigde juweliersware en meubels, inheemse kwekerye, piekniek- en kampeerplekke, restourante en teetuine, avontuuraktiwiteite, natuurreservate, voëlkyk geleenthede, 4x4 roetes, staproetes en perderitte insluit.
Algemeen
Die Suid-Afrikaanse Wildekus is ‘n relatief ongeskonde eko-gebied met lang stroke rollende branders wat teen pragtige wit sanderige stande uitspoel. Met hoogwater breek die branders dramaties teen groot uitstaande rotse, terwyl met laagwater rotspoeletjies met ‘n verskeidenheid klein seediertjies verskyn. Riviere breek deur diep valleie na die Indiese Oseaan en ongeskonde woude lok avonturiers uit om die wondere van die natuur te ontdek.
Algemeen
Tussen die uitgestrekte wingerde van die Kaap lê ‘n area genaamd Groenkloof. Dit huisves een van die mees sprokiesagtige dorpe in Suid-Afrika, naamlik Darling, waar dit nie ongewoon is om nog ‘n perdekar in die strate te sien nie of mense wat die rustige dorp se manjifieke landskap inasem nie. Darling is ‘n dorpie wat vrede en vriendelikheid tussen die verskillende plaaslike gemeenskappe uitstraal en tog lewe dit met aktiwiteite.
Algemeen
Kaapstad is ‘n stad met ‘n wye verskeidenheid ten opsigte van kulture en leefstyle wat sorg vir ‘n kleurvolle en dinamiese bestemming. Van 15 tot 18 Mei 2008 is die stad die gasheer vir die indrukwekkende Cape Good Food and Wine Show. Hierdie voedsel skouspel bied demonstrasies, proe, interaktiewe werkswinkels, koue bier, wyn, mengeldrankies en seekos aan in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum.