Algemeen
Al was dit bekend dat Arabierse handelaars vir goud onderhandel het by
die binnelandse Afrika stamme, so vroeg as die 7de eeu, was dit eintelik in
ongeveer 1886, dat Suid Afrika n reputasie begin kry het vir hierdie
besonderse mineraal. Dit was in dieselfde jaar, dat George Harrison die
Hoof Klipbank op die Witwatersrand ontdek het, ongeveer 33 jaar nadat die
baie kleiner Pelgrimsrus naat begin het om gemyn te word. Vandag bly Suid
Afrika op die voorfront van die globale onderneming, al het sy posisie as
goud verskaffer oor die jare afgeneem.
Algemeen
By nou het het miljoene mense oor die hele wereld die woord apartheid, op
een of ander manier al gehoor. Sommige dink daaraan as die *wit oppressie oor
die *swartes of Afrika inboorlinge in Suid Afrika – en miskien was dit, om 'n
lang storie kort te maak. Apartheid het 'n groot rol gespeel in die
geskiedenis van Suid Afrika, en om bietjie dieper te kyk na hierdie vreeslike
tyd in die land se geskiedenis, sal elke persoon 'n beter insig gee op die
gemiddelde Suid Afrikaner – ongeag van sy vel kleur.
Algemeen
As daar 'n legende was van vlieende mens-eetende haaie, dan sou die Groot
Wit van Valsbaai definitief in die hart van die verhaal gewees het.
Hierdie reuse jagters van die diep blou see was tot internasionale
beroemdheid geslingervel, met die dokumentere program wat National
Geographic kom skiet het, in verband met hierdie haaie se eienaardige jag
tegnieke.
Algemeen
De Wildt Jagluiperd en Wildbewarings Sentrum is naby Hartebeespoort Dam
gelee, aan die voet van die Magaliesberg in die Noord Westelike Provinsie
van Suid Afrika. Hierdie ongelooflike sentrum het beroemd geword vir sy
bydrae in die teel en navorsing van bedreigde spesies, met 'n hoe sukses in
die bewaring teen die uitsterwing van die jagluiperd. De Wildt voorsien
besoekers met n unieke ondervinding, wat besoekers die geleentheid gee om in
kontak te kom met jagluiperde, wilde honde, wildsbokke, bruin hyena,
aasvoels en uile. Hierdie opvoedkundige avontuur is n geleentheid wat jy
nie mis wil loop nie.
Algemeen
Suid Afrika staan bekend as die reenboog nasie. En dit is die waarheid.
Ons land is nie net kleurvol met 'n verskeidenheid rasse nie, maar het ook n
kookpot vol verskillende kulture, wat uniek is aan Suid Afrika. Die Nguni
Mense sluit die Zulu, Xhosa en Ndebele mense in wat verspreid oor die land
lewe. Kom ons kyk nader na hierdie fasinerende groep mense.