Suid-Afrikaanse Rots Kuns
Toe die Hollanders eers op die Suid-Afrikaanse kus geland het, het hulle verkillende inheemse groepe mense gevind wat in klein stamme oor die land gebly het. Hierdie mense was vredeliewende, kort en geharde mense met n onuitputbare kennis van die natuur. In plaas daarvan om met vee te boer, het hierdie groepies verkies om n swerwers-jagter leefstyl te geniet. Hulle het van die land af gelewe en het verkies om in harmonie met die natuur te wees, eerder as om dit te probeer domineer of te kompliseer. Die Hollanders het hulle “Bushmen” genoem, omrede hulle die unieke bekwaamtheid gehad het om slegs van die verskeie kosse te lewe wat die soms ru Afrika bos voorsien. Egter is hierdie groep mense vandag bekend as die San mense. Terwyl meeste van hulle binneland toe gedwing is in die 19de eeu, het hulle n ongelooflike erfenis van Suid Afrikaanse rots kuns agter gelaat. Die Suid-Afrikaanse rots kuns het al hordes kuns liefhebbers, geskiedenis liefhebbers en toeriste na die verre hoeke van die land gelok, om die rots kuns te besigtig.











