Algemeen
Die Mr Price Karkloof Classic Mountain Bike Festival, geskeduleer vir die periode 9 tot 11 Mei 2008, betree tans sy tweede jaar en het reeds bewys gelewer dat dit een van die uitstaande bergfiets geleenthede in Suid-Afrika is. Dit vind plaas in die pragtige Karkloofvallei buite Howick, KwaZulu-Natal. Die Karkloof Classic Mountain Bike Festival bied drie dae gevul met opwindende ritte op innoverende roetes in ‘n skilderagtige omgewing. Hierby moet ook nog gevoeg word goeie vermaak en geborgde geskenke vir deelnemers, dan word dit ‘n geleentheid wat geen bergfietsentoesias sal wil misloop nie.
Algemeen
Die Wes-Kaap streek bied aan toeriste gebiede met asemrowende natuurskoon, wêreldklas akkommodasie en ‘n reeks ander aantreklikhede en vermaak om in elke smaak te val. ‘n Toenemende getal toeriste wil egter by die bestaande toeriste aantreklikhede verbybeweeg en wil insae kry in die daaglikse lewe van die plaaslike mense wat natuurlik ook insluit die uitdagings wat plaaslike gemeenskappe in die gesig staar, hoe hulle te werk gaan om die uitdagings die hoof te bied en wat hul toekomsideale is. Die Kaapse ‘Omgee-roete’ (Cape Care Route) maak dit vir toeriste moontlik en bied selfs meer.
Algemeen
Die jaarlikse besoek van skole sardiens aan die kus van KwaZulu-Natal, wat al beskryf as is die “grootste Marine skouspel ter wêreld” en “grootste skool ter wêreld”, is ‘n onverklaarde verskynsel wat ‘n asemrowende migrasie van hierdie klein vissies behels. Sardiens lê hul eiers in die water en seestrome voer die eiers na die koue waters van die Atlantiese Oseaan, maar dit is nog nooit verklaar hoekom die sardiens na die waters van KwaZulu-Natal migreer tussen einde Mei en einde Julie van elke jaar nie.
Algemeen
Die Margaret Roberts Kruiesentrum is geleë teen een van die noordelike hange van die pragtige Magaliesbergreeks, in die Hartebeespoort-omgewing in die Noordwes Provinsie. Hierdie gerespekteerde kruiedokter se naam is op ‘n wye reeks produkte dwarsoor die land ─ van skoonheidsmiddels tot kos, ‘n wye reeks kruieprodukte ─ beide geneeskundig en gerig op voedsel ─ en organiese insekdoders. ‘n besoek aan die Margaret Roberts Kruiesentrum is soos ‘n reis na ‘n ander wêreld, waar ‘n gevoel van welbehaaglikheid in alles ervaar word.
Algemeen
Vanjaar vier die Bloem Skou sy 125ste verjaarsdag. Dit is tradisioneel een van die drie grootste tentoonstellings in die land en is ‘n fees vir vriende en familie wat nog nooit teleurgestel het nie. Dit begin op 24 April en eindig op 3 Mei 2008 met elke dag vol aktiwiteite en opwinding. Besoekers aan Suid-Afrika mag nie die geleentheid misloop om te deel in die pret en opwinding van hierdie vermaaklikheids- en landboufees nie.