This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Skep jou eie Tuin van Eden met behulp van Gardinex 2008

Suid-Afrika se klimaat is by uitstek geskik vir buite leef. Baie van die sonsoekers in Suid-Afrika is gevolglik toegewyde tuinmakers wat baie moeite sal doen om hul buitenshuise areas te omskep in ‘n klein paradysie. Dis dus geen wonder dat Gardinex beskou word as die voorste tuin en buitelewe tentoonstelling in Suid-Afrika nie.

Algemeen

Ongelooflike ontdekkings by SciFest Africa

Suid-Afrika se jaarlikse nasionale wetenskapsfees, SciFest Africa, is geskeduleer vir 16 tot 22 April in die mooi en historiese dorp Grahamstad. SciFest Africa gaan meer as 500 gebeurlikhede aanbied, wat insluit interaktiewe uitstallings, werkswinkels, opvoedkundige teater, ‘n kaskar wedren, buitelug uitstappies, laservertonings, wetenskap olimpiades, hoërskool vasvra wedstryde, toere en ‘n stokperdjie uitstalling asook ‘n FilmFest.

Algemeen

Sendelingroete ─ Weg van die gebaande roetes

Die Sendelingroete al langs die weskus van Suid-Afrika sal reisigers deur ‘n ongelooflike mooi streek van die land neem, met die Atlantiese Oseaan se uitgewaste sandstrande, ruwe berge en bykans oneindige landerye, vrugteboorde en wingerde. Die Sendinggestig Museum in Langstraat Kaapstad is die logiese begin vir so ‘n reis waar reisigers agtergrond kan verkry oor die sendingaksie in Suid-Afrika, wat terselfdertyd die toon sal bepaal waarmee die fassinerende Sendingroete verken moet word.

Algemeen

‘n Onvergeetlike reis op die Bloutrein

Suid-Afrika is bekend as ‘n land met onoortreflike wildsoorte, skouspelagtige natuurskoon en ‘n gediversifiseerde kultuur. Om dit alles te ervaar terwyl jy eet, slaap en sosiaal verkeer in ‘n vyfster hotel op wiele, is daar net een opsie ─ die Bloutrein. Hierdie uitsonderlike trein het reeds toeriste, beroemdes, presidente en selfs konings vervoer oor die wydte van Suid-Afrika en is ongetwyfeld die hoogtepunt van reisavonture wat die luuksste akkommodasie en vier-en-twintig uur persoonlike diens bied.

Algemeen

Die verruklike Suid-Afrikaanse Kaasfees

Bien Donné, ‘n skilderagtige plaas geleë tussen Franschhoek en Paarl, sal weer eens die gasheer wees vir die gewilde Suid-Afrikaanse Kaasfees. Die 2008 fees sal plaasvind vanaf 25 tot 28 April en hou die belofte in dat dit selfs beter as tevore gaan wees met ‘n verskeidenheid wat die kieskeurigste smaakkliere sal bevredig. Daar is ook nog die pasmaak om te ervaar en te geniet, terwyl aan legendariese Suid-Afrikaanse kase geproe en gesmul word. Daar is ook nuwe opwindende variëteite, wat tesame met olywe en vars gebakte brood en uitsoek wyne die besoekers sal verlei. Besoekers gaan ook die geleentheid gebied word om Suid-Afrikaanse kase te vergelyk met Hollandse, Franse en Switserse produkte.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator