This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Verken die geheimsinnige Egogrotte

Toe beeste spoorloos begin verdwyn op die plaas waar die Egogrotte geleë was in die vroeë 1920’s, het die oorspronklike eienaar sy vermiste vee begin soek. Hy het spoedig tot die besef gekom dat die beeste nie verdwyn het nie, maar in ‘n grot gegaan het waarvan hy nie te vore bewus was nie. Sy verbasing en nuuskierigheid met die ontdekking het hom op ‘n avontuur geneem toe hy ‘n grot binne gegaan het wat ‘n verstommende sestig meters hoog was.

Algemeen

‘n Besoek aan Heia Safari Landgoed

Geleë in die Suid-Afrika bosveld, ongeveer 40 kilometer van Pretoria en Johannesburg, is die driester Heia Safari landgoed wat skitterend die siel van Afrika vasvang. Kameelperde en sebras loop vrylik rond op die hotel perseel tussen 45 ruim twee-slaapkamer grasdak bungalows en verpoos soms by die sprankelende swembad om water te drink.

Algemeen

Time of the Writer Fees

Die Centre for Creative Arts (Sentrum vir Skeppende Kuns) is in 1996 gestig deur die Departement van Ontwikkeling en Sosiale Wetenskappe van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Hul hoofoogmerk was om geleenthede te skep vir kunstenaars en kreatiewe verwantskappe tussen verskillende kunsvorme te skep met die klem op veral musiek, digkuns, filmmaak en skilderkuns. Seminare, konserte opleidingsprogramme en werkswinkels word deur die Sentrum aangebied ten einde ‘n bewustheid te kweek vir kuns en dit te bevorder by die volwasse publiek en die jeug. Die Sentrum reël vier groot feeste elke jaar ─ een daarvan is die Time of Writer Festival.

Algemeen

Stamlewe by die Bakone Malapa Museum

Ongeveer nege kilometer buite Polekwane, die hoofstad van die Limpopo provinsie, is die Bakone Malapa museum waar besoekers die geleentheid kry om terug te beweeg in die verlede en die Bakone stat te verken soos dit ongeveer 250 jaar gelede daar uitgesien het. Hierdie opelug museum bied besoekers die geleentheid om ‘n kykie te kry in die agtergrond en geskiedenis van die Bakone-stam, ‘n subgroep van die Noord-Sotho stam.

Algemeen

Kuns in oorvloed by die Johannesburg Kunsfees

Een van die mees opwindende oomblikke vir Johannesburg en die kunswêreld was toe Eerste Nasionale Bank sy borgskap vir die eerste Afrika-kunsfees aangekondig het wat in Johannesburg deur Artlogic aangebied sal word. Dit sal een van die grootste kunsfeeste wees wat ooit in Suid-Afrika en selfs in die res van Afrika aangebied is. Artlogic het reeds soortgelyke feeste aangebied, maar is trots om deel te hê aan die eerste Johannesburg Kunsfees.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator