Algemeen
Die geskiedkundige myndorpie, Kaapsehoop, is ongeveer 25 kilometer vanaf Nelspruit in Mpumalanga. Die Kaapsehoop omgewing bied onoortreflike natuurskoon met watervalle, inheemse woude en ruwe berge. ‘n Groot deel van die grasvelde in die omgewing is tot ‘n Nasionale Bewaringsgebied verklaar en bied heenkome aan talle inheemse voëlsoorte insluitend die bedreigde blou swaweltjie. Binne hierdie diereparadys beweeg die legendariese wilde perde van Kaapsehoop vrylik.
Algemeen
Aangespoor deur die klinkende sukses van die eerste Global Breakthrough fees wat in 2007 in Kaapstad gehou is, het die DJ’s en die partytjiegangers hulself oorreed om die geleentheid te herhaal, met een verskil: dit gaan selfs groter en beter wees as die eerste een. Vanaf 27 Februarie tot 2 Maart 2008 gaan Global Breakthrough saamspan met Miller Genuine Draft vir vyf dae van partytjie-hou by een van Kaapstad se uitsoek plekke.
Algemeen
Dit gebeur nie dikwels dat besoekers ‘n wildtuin binne ‘n stad se grense aantref nie. Besoekers kan dit egter ervaar ten opsigte van die Kragga Kamma Wildreservaat wat met al sy natuurskoon slegs vyftien minute rytyd vanaf Port Elizabeth se stadsentrum is. Daar is die wye vlaktes, wildlewe en asemrowende landskap wat jou maklik laat vergeet dat daar ‘n groot stad net buite die hekke van die wildreservaat is. Die Kragga Kamma Wildreservaat bied ‘n ontvlugting vir ‘n daguitstappie of sommer vir ‘n hele naweek.
Algemeen
Een van die hoogtepunte in psigedeliese klankgebeurtenisse in Suid-Afrika is die sogenaamde Origin Festival naby Kaapstad. Dis ‘n fees wat jaarliks duisende ondersteuners asook van die bekendste plaaslike en internasionale kunstenaars en musikante lok. Die organiseerders van die Origin Festival 2008 het reeds die teenwoordigheid van ‘n indrukwekkende groep kunstenaars bekom en het ook nog vanjaar die pragtige en rustige plek bekom wat ruimte en natuurskoon gaan toevoeg tot die musiek.
Algemeen
Die majestueuse renoster kom beslis intimiderend voor. Met ‘n hoogte van ongeveer 1,8 meter en ‘n massa van amper twee ton, is dit een van Suid-Afrika se ikone. Die dier word dikwels onderskat, want dit het ‘n vinnige humeur en dis onmoontlik om van hom af weg te hardloop aangesien hy oor kort afstande ‘n spoed van tot sestig kilometer per uur kan haal. Oor die laaste paar jaar het die getalle van veral die swart renosters ontstellend gedaal aangesien wildstropers die pragdier byna tot uitwissing gedryf het. Vandag is dit slegs in die beskermde omgewing van wildreservate waar hierdie diere nog voorkom en ongehinderd kan ronddwaal.