Algemeen
Die Groote Schuur Landgoed is geleë aan die bergkant van die Duiwelspiek as deel van die pragtige kusstad, Kaapstad. Hierdie groot park-landskap is aan die Suid-Afrikaanse volk nagelaat deur Cecil John Rhodes wat in 1902 gesterf het. Tans word hierdie nalatenskap beskerm en ontwikkel deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke vir die genot van alle Suid-Afrikaners en besoekers aan ons land.
Algemeen
Die My Coke Fest 2007 was ‘n musiekfees met legendariese musikante en ‘n reuse sukses. Duisende gillende ondersteuners het die stadions gevul om orkeste soos The Parlotones, Taxi Violence, The Sprinbok Nude Girls, Evolver, 3 Doors Down en Hoobastank aan te hoor. Vanjaar is die lys vir My Coke Fest 2008 net so indrukwekkend as die vorige jaar en ondersteuners is reeds besig om hul kaartjies aan te skaf om nie hul gunsteling orkeste en kunstenaars mis te loop nie.
Algemeen
Die dorp Bela-Bela is in een van mooiste bosveldareas in Suid-Afrika geleë. Dis onder die jurisdiksie van Waterberg Munisipaliteit en is in die suidelike deel van die Limpopo Provinsie met Gauteng, die Noordwes Provinsie en Mpumalanga as bure. Bela-Bela beteken letterlik “Kook-Kook”, ‘n naam wat afkomstig is van die warmwaterbronne wat in die 1800’s ontdek is en die hoofaantrekkingskrag was vir die dorp vroeër bekend as Warmbad.
Algemeen
Die naam Jeremy Clarkson is rondom die wêreld aan elke motor entoesias bekend. Hy beskik oor die wonderlike vermoë om objektief kommentaar te lewer oor voertuie wat die publiek aangryp, maar op ‘n wyse wat nie alleen vermaaklik is nie, maar wat van hom ‘n ikoon gemaak het in die wêreld van vinnige, luukse of elegante motors. Hy was onmiddellik beskikbaar as gasheer en aanbieder by die MPH 2008 motorskou.
Algemeen
Hierdie drie-dae-lange kano-maraton is een van die grootstes in die wêreld en vind tussen 17 en 19 Januarie 2008 plaas. Dis die 57ste keer wat dit plaasvind en ‘n rekordgetal inskrywings van meer as 2000 word verwag - tot 10% meer as in 2007. Dié gewilde sportgeleentheid in Suid-Afrika geniet wye mediadekking en genereer ook ‘n merkbare styging in inkomste in die gebiede langs die roete.