Algemeen
Spelologie of die verkenning van grotte is ‘n tydverdryf of as ‘n uidagende sportsoort besig om toenemend gewild te word wêreldwyd en Suid-Afrika met sy talle dolomietese en kalksteengrotte is ‘n baie gwilde bestemming vir die beoefenaars van hierdie tydverdryf. Elkeen van die talle grotte wat verspreid oor die land voorkom het sy eie unieke formasies en bied aan die ontdekkers ‘n uitdaging ongeag hul graad van ervaring.
Lees meer..
Algemeen
Indien u soek na ‘n nuwe plek om tyd met die gesin deur te bring en terselfdertyd omring te wees met natuurskoon en rustigheid is Magaliespark die plek. Hierdie uitsoek bestemming is geleë aan die voet van die Magaliesberg en kombineer natuurskoon met uitmuntende vermaak en akkommodasie.
Lees meer..
Algemeen
Kwazulu-Natal is bekend vir sy diversiteit van wildlewe. Seekoeie, Renosters, Sebras, Leeus, Olifante, Wildebeeste, Hiënas, Waterbokke, Kameelperde en Koedoes is diersoorte wat besoekers na hierdie kusprovinsie lok. In die golwende heuwels van die Drakensberge is ‘n wildreservaat wat aan besoekers die ondervinding van ‘n leeftyd bied gepaard met ‘n avontuur gevul met skouspelagtige natuurtonele, opwindende dierelewe en luukse akkommodasie. Die Giants Castle Wildreservaat is die volmaakte bestemming waar die natuurskoon van Suid-Afrika en Kwazulu-Natal ervaar kan word.
Lees meer..
Algemeen
Cullinan is ‘n klein vreedsame myndorpie ongeveer derig kilometer oos van Pretoria. Toeriste word toenemend hier gesien asook stadsmense van Johannesburg en Pretoria wat van die stadsgewoel wil ontsnap. Die dorpie is ryk aan geskiedenis, besienswaardighede, aktiwiteite en bekostigbare akkommodasie.
Lees meer..
Algemeen
‘n Paar kilometer buite die dorpie Maclear is daar treffende natuurlike en antieke skatte in die Jonkershoekvallei wat wag op voetslaners op die Woodcliffe Grot-roete. Die roete self neem vyf dae om te voltooi en besoekers word uitgenooi om selfs langer te vertoef om die talle aktiwiteite daar te ervaar. Dit is ‘n ware inspirerende ervaring om een van die mees asemrowende wandelroetes te ontdek en besoekers kan gerus hul stewels aantrek en rugsakke pak en afsit na die Woodcliffe Grot-roete.
Lees meer..