This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Op reis deur Suid-Afrika met ‘n Harley-Davidson

Suid-Afrika is ‘n land met asemrowende natuurskoon en skrille kontraste. Besoekers van oral uit die wêreld geniet die veel-fassettige aantreklikhede van ons sonnige land. Van besige stede tot rustige plattelandse gemeenskappe en van die eindelose Karoo tot die berglandskap van die Tuinroete is maar enkele van die kontraste wat die toeris aanlok. Harley-Davidson toere word toenemend gewild vir motorfiets entoesiaste wat Suid-Afrika wil verken.

Algemeen

Kaapstad se Homoseksuele Projek se FeesKaapstad se Homoseksuele Projek se Fees

Die eerste fees van die Homoseksuele Vereniging is in Kaapstad in 1994 gehou en het daarvandaan gegroei tot ‘n jaarlikse instelling. Binne die Konstitusie van die RSA word duidelik bepaal dat daar geen diskriminasie op grond van ras, godsdiens of seksuele voorkeure gemaak mag word nie. Aangesien Kaapstad gereken word as die stad met die grootste getal homoseksueles, is die keuse om die fees daar aan te bied voor die hand liggend.

Algemeen

Ervaar Afrika in die Pongola Wildtuin

Ongeveer 450 kilometer vanaf Johannesburg en 350 kilometer van Durban word die Pongola Wildreservaat aangetref. Dié volmaakte boservaring in KwaZulu-Natal is die oudste wildtuin in Suid-Afrika en die tweede oudste in die wêreld. In 1894 reeds is dit deur die destydse president Paul Kruger tot natuurreservaat verklaar. Vandag nog handhaaf dit die hoë standaarde van vroeër en met die ongelooflike verskeidenheid dierelewe en asemrowende landskap bied dit ‘n fantastiese Afrika-avontuur.

Algemeen

‘n Pretbelaaide naweek by die Ficksburg Kersiefees

Die skilderagtige dorpie Ficksburg is tussen die Caledonrivier en die voet van die Imperaniberg in die Vrystaat Provinsie geleë. Dis die grootste kersieproduserende streek in Suid-Afrika en Ficksburg is dikwels in die wandel as Kersiestad bekend. Die Ficksburg Kersiefees is die oudste fees wat aan ‘n landbouproduk gekoppel word en vier sy 40ste herdenking vanjaar van 15 tot 17 November.

Algemeen

Leefstyl SA Fees ─ Fokus op Swart

Afro-politaans is ‘n woord wat geskep is om Suid-Afrika se swart mense, wat diep in hul eie kultuur gewortel is en wat hulle beskou as die beeld van hul identiteit, te beskryf. Hierdie begrip veronderstel nietemin die feit dat hulle bestaan binne ‘n kosmopolitaanse omgewing wat deur Westerse voorkeure en verbruikerspatrone beïnvloed word. Die Lifestyle SA Festival ─ Celebrating Black word beplan by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum van 7 tot 9 Desember

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator