This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Die Wonderwêreld van Voëls in Houtbaai

Daar word meer as 3 000 voëls en klein diertjies, verteenwoordigend van meer as 400 spesies daar gehuisves in meer as 100 voëlhokke wat kunstig geplaas is tussen natuurlike plantegroei by die World of Birds in Houtbaai. Besoekers kry die geleentheid om ‘n kykie te kry in die privaat lewe van voëls waar hulle sing, eet, pronk, sosialiseer, neste bou, hul eiers uitbroei en hul kleintjies grootmaak in hierdie tropiese wonderwêreld.

Buite en Bedrywig

Die Elfde Internasionale Afrika Digkuns Fees

Na die grootskaalse sukses van die vorige tien Afrika Digkuns feeste is dit bykans ‘n voldonge feit dat die fees wat geskeduleer is tussen 1 en 6 Oktober 2007 selfs beter gaan vaar as wat verwag word. Die fees vind in Durban plaas en is een van die bes ondersteunde kunsfeeste in Suid-Afrika.

Buite en Bedrywig

Sluit aan by die 5de Sasol Marakele Voëlkyk Wegbreek

Voëlkykers in Suid-Afrika gaan die geleentheid kry om hul stokperdjie ten volle te geniet tydens die 5de Sasol Marakele Voëlkyk Wegbreek. Hierdie gewilde gebeurtenis word deur Sasol geborg en sal plaasvind van af 2 tot 4 November 2007 by die Marakele Nasionale Park in Limpopo.

Buite en Bedrywig

Die Eden Challenge avontuurresies

Die gewilde Eden Challenge avontuurresies is geskeduleer om van 25 tot 28 Oktober 2007 in die natuurskone Tuinroete van die Wes-Kaap plaas te vind. Die dertiguurresies strek oor ‘n afstand van 250 km wat onderverdeel word in 40 km kanovaart, 150 km met ‘n bergfiets en 70 km stap/draf. Daar is ook ‘n korter resies van 180 km sodat daar iets vir almal is.

Buite en Bedrywig

Ervaar die opwinding van Ratanga Junction

Gille van plesier en opgewondenheid trek deur die lug en ‘n mensemassa dwaal ongeduldig rond in afwagting vir hul beurt op een van avontuurritte. Kameras blits in alle rigtings soos besoekers desperaat poog om die opwinding van elke oomblik vas te vang. Kinders hardloop wild rond met ouers wat poog om by te bly, terwyl elke sentimeter van die 20 hektaar park se prag en avontuur verken word. Dit is Ratanga Junction temapark, een van die gewildste toeriste-aantrekkings in Kaapstad.

1 2 3 >