This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Die Elfde Internasionale Afrika Digkuns Fees

Na die grootskaalse sukses van die vorige tien Afrika Digkuns feeste is dit bykans ‘n voldonge feit dat die fees wat geskeduleer is tussen 1 en 6 Oktober 2007 selfs beter gaan vaar as wat verwag word. Die fees vind in Durban plaas en is een van die bes ondersteunde kunsfeeste in Suid-Afrika.

Buite en Bedrywig

Sluit aan by die 5de Sasol Marakele Voëlkyk Wegbreek

Voëlkykers in Suid-Afrika gaan die geleentheid kry om hul stokperdjie ten volle te geniet tydens die 5de Sasol Marakele Voëlkyk Wegbreek. Hierdie gewilde gebeurtenis word deur Sasol geborg en sal plaasvind van af 2 tot 4 November 2007 by die Marakele Nasionale Park in Limpopo.

Buite en Bedrywig

Die Eden Challenge avontuurresies

Die gewilde Eden Challenge avontuurresies is geskeduleer om van 25 tot 28 Oktober 2007 in die natuurskone Tuinroete van die Wes-Kaap plaas te vind. Die dertiguurresies strek oor ‘n afstand van 250 km wat onderverdeel word in 40 km kanovaart, 150 km met ‘n bergfiets en 70 km stap/draf. Daar is ook ‘n korter resies van 180 km sodat daar iets vir almal is.

Buite en Bedrywig

Ervaar die opwinding van Ratanga Junction

Gille van plesier en opgewondenheid trek deur die lug en ‘n mensemassa dwaal ongeduldig rond in afwagting vir hul beurt op een van avontuurritte. Kameras blits in alle rigtings soos besoekers desperaat poog om die opwinding van elke oomblik vas te vang. Kinders hardloop wild rond met ouers wat poog om by te bly, terwyl elke sentimeter van die 20 hektaar park se prag en avontuur verken word. Dit is Ratanga Junction temapark, een van die gewildste toeriste-aantrekkings in Kaapstad.

Buite en Bedrywig

Johnny Clegg One Life konsert

In ‘n land waar rassisme vir baie jare onder die vorige regime ‘n feit was, het talle mense in Suid-Afrika uit hul pad gegaan om hulp aan die onderdruktes te verleen. Een van hulle was Johnny Clegg wat uitgereik het om hulp aan andere te verleen en sy musiek was geïnspireerd deur wat hy gesien het en wat hy as jeugdige ervaar het.

1 2 3 >

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator