This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Arts Alive – September is dié maand

Suid-Afrikaners sien altyd uit na September as die einde van die winter en die begin van lente. Vir liefhebbers van alle kunsvorme - dans, musiek, beeldende kunste, die teater, film, digkuns, komedie en so meer - is September altyd ‘n besondere opwindende tyd. Die jaarlikse 'Arts Alive' fees in Johannesburg bied dwarsdeur September iets vir elkeen en lok besoekers van ver.

'Arts Alive' open op 31 Augustus 2007 in Johannesburg met ‘n konsert in die Stadsaal. Vanaf Saterdag word die pret voortgesit met gebeure vanaf Newtown tot in Soweto. Kunstenaars vanaf Mali, Brasilië, Kuba, Guinee, Indië, Zimbabwe, die Verenigde Koninkryk en natuurlik vanuit orals uit Suid-Afrika vergader in ‘n toonvenster van talente vir waarderende gehore.

Hoogtepunte van program sluit in ‘n huldeblyk aan Sipho Hotsix Mabuse, wat by die Hector Pieterson Museum gehou sal word dwarsdeur die feestydperk. Besoekers aan die Johannesburg Kunsgalery kan die Sasol Waskuns Toekenning besigtig asook die Africa Remix uitstalling wat hoë lof ontvang het

Die Dansfabriek (Dance Factory) bied ‘n aantal uitvoerende kunstenaars soos die Suid-Afrikaanse Afrikan en die Tunisiese dansgroep, die Sybel Ballet Theatre. By die Museum Africa kry jong filmmakers die geleentheid om van hul produksies te toon tydens die International Student Film Festival.

‘n Opwindende nuwe faset van 'Arts Alive' is die samewerking met die Indiese konsul-generaal wat Indiese uitstallings, films en poppeteater asook dansvertonings sal insluit. Uitsonderlike Indiese talent kan ervaar word te Bassline wanneer die Jazzgroep Mrigaya op 2 September optree en Vikku Vinayakram op 28 September.

‘n Spesiale geleentheid vind die laaste naweek plaas wanneer met ‘n kaartjie van R100 alle 'Arts Alive' optredes en besienswaardighede in Johannesburg besoek kan word. Dit is op 28 en 29 September en beloof om uitsonderlik te wees.

'Arts Alive' was ‘n klinkende sukses oor die afgelope jare en word net beter. Die 2007 aanbieding beloof om ‘n onvergeetlike gebeurtenis te wees.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.