This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Athol Fugard – Suid Afrikaanse Dramaturg

Athol Fugard, is 'n internationaal bekende en prys-wennende, Suid Afrikaanse Dramaturg. Tsotsi, wat geskryf was deur Athol Fugard in 1989 en tot lewe gebring is in 'n film in 2005, het die Suid-Afrikaanse film bedryf onder die kalklig gebring. Beter bekend vir sy insig in die lewens van Suid- Afrikaners, het Athol Fugard as n wit man, die grense van kleur in sy skryfwerk verbreek. Kom ons kyk vlugtig na hierdie unieke man.

Athol Fugard is as Herold Athol Lanigan Fugard in 1932, in Middelburg Suid-Afrika gebore. Sy ouers was albei Afrikaans- en Engels-sprekend, en Athol het by die Universiteit van Kaapstad studeer tot hy besluit het om deur Afrika te toer en later op 'n skip gewerk het, wat hom oor die wêreld geneem het.

Fugard het probeer om toneel te speel, maar het besluit om eerder die tonele te skryf. Die meeste van Fugard se werk is geskryf met Suid-Afrika as die agtergrond. Sy karakters is so goed ontwikkel, kompleet met sterktes en swakhede, dat die dominerende vroue wat baie in sy werk te voorskyn kom, nie in ander nasies of gemeenskappe sou kon werk nie. Dit was eers later, in die 1950’s, dat Fugard met 'n klein groep akteurs in Johannesburg begin werk het. Sy eerste toneel spel, “No Good Friday”, was goed ontvang, maar die tweede, “The Blood Knot”, het nie so goed afgeloop met die regering nie, en sy paspoort was weggeneem. In die begin van die 1960’s het Fugard teruggekeer na Port-Elizabeth, waar hy met die Serpent Players begin werk het. Terwyl Yvonne Bryceland en haar man, Brian Astbury, in Fugard se “Boesman and Lena” gespeel het, het hulle 'n goeie vriendskap opgebou. Dit is deur hierdie vriendskap dat Athol Fugard in Kaapstad se Space Teater kon werk.

Athol Fugard se toneel-stukke is in Suid-Afrika gesien, in London gewys en in New York se teaters tot lewe gebring. Hy het al baie toekennings ontvang vir sy werk wat die Obie Award, Tony Award, London Evening Standard Award en die Writers Guild Award in sluit. Athol Fugard het as 'n skrywer, akteur en as dramaturg, sy merk op Suid-Afrikaanse literatuur gelos. As jy jou hande op een van sy werke kan kry, of een van sy toneel stukke kan sien, sal jy ook die fantasiese avonture van hierdie legende kan geniet. Sy werke sluit in:

“A lesson from aloes” “Marigolds in August” “Boesman and Lena” “People are living there” “Master Harold and the boys” “Hello and Goodbye” “Valley Song” “Exits and Entrances”

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.