This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Awesome Praise in Suid-Afrika

Wanneer ‘n mens selfondersoek doen, word dit duidelik dat almal hunker na ‘n wêreld van aanvaarding, verdraagsaamheid, en, belangrikste van alles, vrede. Om te kan lewe, lief te hê, te droom en te aanbid in ‘n omgewing waar kleur, godsdiensverskille en nasionaliteit geen rol in ons daaglikse speel nie, is ‘n ideaal. Maar oorloë woed rondom ons en mense verloor hul lewens of hul geliefdes in die naam van Wêreldvrede. Midde in hierdie warboel vergeet mens dikwels wat kardinaal is tot oorlewing. Awesome Praise is ‘n konsert wat bewys dat wanneer die fokus geplaas word op God en Sy boodskap van liefde en vergiffenis, ‘n omgewing geskep kan word waar ‘n nasie kan aanbid en loof soos ‘n eenheid.

Op 11 November 2007, sal in die Johannesburg Stadion die konsert Awesome Praise Suid-Afrika aangebied word. Dié aandkonsert bied ‘n kombinasie van Gospel en Christelike musiek om ‘n anker te skep vir diegene wat veg vir vryheid en vrede. Die besluit om mense saam te bring in ‘n konsert van lofprysing en aanbidding is die eerste keer ten uitvoer gebring in die Londense Barbican-saal in 2002. Hierdie sukses het die Awesome Praise konsert in Washington tot gevolg gehad by die John F Kennedy Performing Arts Center in 2004, en, ten einde laaste, kom hierdie Awesome Praise Suid-Afrika na Johannesburg vanjaar.

Die Awesome Praise konserte word op versoek gereël en belangstellendes hoef slegs Awesome Praise te nader met ‘n versoek. Die samestelling bestaan uit kunstenaars uit die VSA, die Karibiese eilande en Afrika. Hulle nooi ook plaaslike kunstenaars, aanbiddingsgroepe en kore om saam met hulle op te tree ten einde elke vorm van lofprysing in te sluit: sang, dans of musiek. Awesome Praise Suid-Afrika sal ‘n Suid-Afrikaanse massakoor, wat uit 500 lede sal bestaan, insluit terwyl ander kunstenaars soos James Okon, Muyiwa and Riversongz, The Welsh Male Voice Choir (Suid-Afrika), Eddie Coronado, Lionel Petersen, Judith Sephuma asook die Johannesburgse Filharmoniese Orkes en talle ander Gospel-groepe en kunstenaars sal optree. Awesome Praise leiers wat met die aanbidding sal voorgaan is Osmond Collins, Olufunmi, Vision Mime en Mike Aremu. Dit gaan beslis ‘n unieke aand vir Suid-Afrika wees.

Kaartjies vir hierdie konsert is beskikbaar by Computicket teen R220 elk vir die Goue Sirkel en R80 vir die res. Beplan om Awesome Praise Suid-Afrika by te woon ten einde ‘n nasie te laat verenig in lofprysing.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.