This Blog is also available as an RSS Feed

Nuuswaardig

Bekendstelling van die Kaapse Odyssey Resies

Velddraf groei wêreldwyd in gewildheid en het ook ‘n groeiende aanhang in Suid-Afrika. In die Wes-Kaap word naweek veld- en paddraf byeenkomste entoesiasties ondersteun. Draf is ‘n sport gegrond op uithouvermoë en is maklik toeganklik vir alle Suid-Afrikaners ongeag hul ekonomiese omstandighede. Al wat atlete benodig is ‘n goeie paar hardloopskoene, deursettingsvermoë en voldoende tyd om te oefen. Met hierdie vereistes as gegewe word die Kaapse Odyssey Resies (Cape Odyssey Race) in Oktober 2007 geloods. Met die oogmerk om aan atlete ‘n byeenkoms te bied wat vergelykbaar is met enige op die internasionale toneel.

Suid-Afrika is reeds gasheer vir die jaarlikse Comrades Maraton wat ‘n wêreldklas byeenkoms is met meer as 12 000 deelnemers wat meeding oor ‘n afstand van 90 kilometers. Met so ‘n belangstelling is daar weinig twyfel dat Suid-Afrikaners die hardloop sport steun.

Die Cape Odyssey Race sal vyf dae duur oor ‘n afstand van 200 kilometer wat begin aan die Suid-Kaapse kus en eindig in die Kaapse wynlande. Vanjaar word die omvang van die resies beperk tot 50 spanne, maar planne vir volgende jaar van 7 tot 11 Oktober sal meer deelnemers kan hanteer. Die wye verskeidenheid van natuurskoon in die Wes-Kaap het tot die besluit gelei dat die roete elke jaar sal verander.

Deelnemers moet inskryf as twee-atleet spanne in enige van die vier kategorieë: dames, mans, gemeng en seniors (wanneer beide atlete ouer as 40 jaar is). Die organiseerder van die Cape Odyssey Race plaas besondere klem op die sorg waarmee die atlete gehanteer sal word met die doel om ‘n onvergeetlike tipies Afrika-styl velddraf ervaring te laat plaasvind. Ten einde hiertoe by te dra sal daar ‘n 24-uur diens wees wat isotoniese drankies by waterpunte sal verskaf; elke nag akkommodasie in tente in die wedstryddorpie, aandete, masseurs, vermaak en ‘n karbo-gelaaide ontbyt elke oggend.

Die ren begin vanjaar op 16 Oktober te Hermanus na Kleinmond (37km), dan na die Paul Cluver Wynlandgoed (58km), en dan na Grabouw (38km), dan Franschhoek (44km) en dit eindig by die Lanserac Landgoed en Wynmakers (34 km). Langs die roete sal atlete asemrowende natuurtonele en ‘n konstante veranderende landskap ervaar wat uiteraard sal bydra tot die ervaring en uitdaging van die resies.

Die beplanning en die omvang van die inset tot die resies verseker dat die eerste Cape Odyssey Race ‘n sukses sal wees en ‘n hoogtepunt op die jaarlikse Suid-Afrikaanse sportkalender sal word.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.