This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Bring die hele gesin saam na die Bloem Skou

Vanjaar vier die Bloem Skou sy 125ste verjaarsdag. Dit is tradisioneel een van die drie grootste tentoonstellings in die land en is ‘n fees vir vriende en familie wat nog nooit teleurgestel het nie. Dit begin op 24 April en eindig op 3 Mei 2008 met elke dag vol aktiwiteite en opwinding. Besoekers aan Suid-Afrika mag nie die geleentheid misloop om te deel in die pret en opwinding van hierdie vermaaklikheids- en landboufees nie.

Die sukses van die Bloem Skou, wat in die stad Bloemfontein aangebied word, is as gevolg van ‘n unieke samestelling van landbouaktiwiteite, ‘n geweldige groot uitstalarea en onoortreflike vermaak. Ongeveer een honderd en sestig duisend besoekers word jaarliks hier ontvang en vir die 2008 Bloem Skou gaan daar byna vier honderd en vyftig duisend uitstallers gereed staan. Uitstallers is nie net van Suid-Afrika nie en kom ook van lande soos Australië, Namibië, Kasjmir, Swaziland, Pakistan en Egipte. Handwerk- en kunsstalletjies asook stalletjies met tuisvervaardigde artikels bied aan besoekers ‘n verskeidenheid vars pasteie, handgemaakte porseleinpoppies, asemrowende blomme, kuns en baie ander unieke produkte. Voldoende kos- en verversingstalletjies verseker dat skougangers nooit honger of dors hoef te wees nie.

Verskeie kampioenskappe word aangebied in die landbouseksie van die Bloem Skou. Perde, beeste en kleinvee word die geleentheid gebied om hul beste eienskappe ten toon te stel en hul eienaars met reg met trots te vervul. Kampioenskappe soos die SA Saalperd kampioenskappe, Pensteekkampioenskap, SA Vleismerino’s, SA Miniatuur perde-kampioenskap, Nasionale Skaapskeer-kampioenskap, SA Walliese Ponie-kampioenskap, Wêreld Boerbokskou, Streeks-Jersey-kampioenskap, Streeks-suiwelkampioenskap en die SA Arabierperd-kampioenskap is almal kompetisies wat die publiek trek. In die Troeteldiersaal kry die besoekers geleentheid om die beste kleiner diere soos pluimvee, duiwe en verskeie soorte wilde voëls van nader te besigtig.

Ten opsigte van vermaak, kan besoekers uitsien na kunstenaars soos Robbie Klay, Theuns Jordaan, Blackie Swart, Nicholas Louw, Chris Chameleon, Juanita du Plessis en Kurt Darren. Ander vermaak sluit in ‘n lugvertoning, Grootvoet-kompetisie, Mej Tropica Bloem Skou kompetisie, ‘n jazz-aand, ‘n pretpark, gesigverf, dans, pantomime, hansworse, vuurblasers en ‘n kleutersaal wat die kinders gaan besig hou met verf, bakwerk en ander pretdinge. Die Bloem Skou in Bloemfontein is beslis ‘n fees vir die hele gesin en ‘n moet om by te woon.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator