This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Christiaan Neethling Barnard

Dokter Chris Barnard het sy MD graad in 1953 ontvang, deur die Universiteit van Kaapstad, vir sy tesis, “Die behandeling van tuberkulose harsingvliesontsteking”. Vandaar af het hy deur die Verenigde State getoer, waar hy in kardiale chirurgie opgelei is, by die Universiteit van Minnesota, Minneapolis in Minnesota. Dit is hier waar hy sy Meesters van Wetenskappe in Chirurgie gekry het vir sy tesis, “Die aortiese klep – probleme in die versinsel en toets van die prostetiese klep”, vyf jaar nadat hy sy familie en sy land verlaat het. In dieselfde jaar, het hy die toekenning gekry as Dokter van Filosofie, vir sy tesis, “The aetiology of ceongenital intestinal atresia”.

Dokter Chris Barnard het nie die tegniek ontdek wat hy in die Groote Schuur Hospitaal gebruik het in 1967 nie, maar hy het daaraan gewerk, en dit in die laboratorium verbeter. Chris Barnard se jonger broer, Marius, was die eerste een om die nuus aan die dokters te verkonding, wat ‘n kardiale patologiese vergaardering bygewoon het, dat sy broer en ‘n span chirurge die eerste menslike hartoorplanting gaan doen. Barnard het nie geweet wat ‘n groot impak hierdie prosedure sou hê nie, toe hy drie uur op ‘n Saterdag begin opereer het nie.

Nadat die operasie op Louis Washkansky klaar was, het Barnard en sy span, stilletjies hulle eie paaie gegaan, sonder die wete wat vir hulle voor lê. Die volgende oggend het Barnard die mediese toesighouer gekontak, om hom in kennis te stel van die operasie, na baie oorlegpleging. Barnard se moed is erken, om die kennis wat hy in die laboratoriums aangeleer het, op een van sy pasiënte toe te pas, ‘n daad wat nie baie ander sou gedoen het nie. Dit was hierdie moed, wat hom ‘n leier in die veld van hart chirurgie gemaak het.

Barnard se tweede baanbreker poging, was nadat ‘n man wat ‘n hartoorplanting nodig gehad het, dood is na die operasie. Die man se treurende seun kon nie verstaan hoekom hulle nie net sy ou hart teruggesit het nie. In die volgende operasie het Barnard die nuwe hart in die pasiënt geplaas, terwyl die ou hart nog in was. Dit was ‘n abbahartoorplanting genoem. Barnard se sukses, bo en behalwe dat hy ‘n uitstekende span gehad het, was sy intensiewe nasorg van die pasiënte wat hy ontwerp het.

Terwyl op vakansie in Phapos, ‘n pragtig kus dorpie in Cyprus, het Christiaan Barnard ‘n asma aanval gehad in sy hotel kamer, en is op die ouderdom van 78 oorlede.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator