This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Danabaai op die Tuinroete

Danabaai is op sigself ‘n aangename bestemming by Mosselbaai en word dikwels slegs as ‘n voorstad van die skilderagtige Mosselbaai beskou. Daar is egter veel meer aan Danabaai as wat met die eerste oogopslag gesien word en dit is een van die paar plekke in Suid-Afrika waar diere die reg van gang het en waar mense hul bestaan inrig volgens die bepalings van die natuur. Dis ‘n gemeenskap wat strewe om wildlewe en plantegroei te bewaar en te beskerm en is gevolglik ‘n belanrtike deel van die asemrowende Tuinroete.

Danabaai het sy oorsprong gehad as ‘n veeplaas in 1821. In 1972 is die grond aangekoop met die oog op ‘n aftreedorp wat twee duisend erwe sou bied vir toekomstige bewoners. Al die beplanning is gedoen met die oog op bewaring en strate is vernoem na die botaniese name van plante en is ook so beplan om erosie te bekamp. Bewaringstatus is aan Danabaai toegeken op 27 Mei 1998 nadat ‘n groep entoesiaste die aansoek deur die betrokke kanale geloods het. Danabaai is nou ‘n bewaringsgebied en neem met trots verantwoordelikheid vir die bewaring van diere en inheemse plante en deel ook in projekte wat bewaringsbewustheid bevorder. Geboue in die dorp is opgerig met inagneming van die bewgings van diere en fynbos ten einde dit nie te versteur nie. Aangesien al die diere in Danabaai beskermd is, word besoekers versoek om versigtig te ry om nie diere per ongeluk te beseer nie.

Diere in die gebied sluit in meerkatte, bosbokke en bergskilpaaie asook ongeveer vyf en tagtig voëlspesies, terwyl die aangrensende see dolfyne en walvisse herberg. Danabaai bied aan besoekers uitstappies soos piekniek, wandelroetes, en eko-avonture, watersport en seiljagvaarte. Daar is ook ‘n fassinerende museum en oulike restourante met uiteenlopende spyskaarte. Tydens ‘n besoek aan Mosselbaai of tydens ‘n toer van die Tuinroete word toeriste aanbeveel om ‘n besoek aan Danabaai te bring.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.