This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

De Wildt Jagluiperd en Wildbewarings Sentrum

De Wildt Jagluiperd en Wildbewarings Sentrum is naby Hartebeespoort Dam gelee, aan die voet van die Magaliesberg in die Noord Westelike Provinsie van Suid Afrika. Hierdie ongelooflike sentrum het beroemd geword vir sy bydrae in die teel en navorsing van bedreigde spesies, met 'n hoe sukses in die bewaring teen die uitsterwing van die jagluiperd. De Wildt voorsien besoekers met n unieke ondervinding, wat besoekers die geleentheid gee om in kontak te kom met jagluiperde, wilde honde, wildsbokke, bruin hyena, aasvoels en uile. Hierdie opvoedkundige avontuur is n geleentheid wat jy nie mis wil loop nie.

Gestig in 1971, op n 65 hektaar plaas deur natuurbewaarder Ann van Dyk, het De Wildt Jagluiperd en Natuurbewarings Sentrum al vele teleurstellings en suksesse oor die jare ervaar. In 1971, was die jagluiperd (Acinonyx Jabatus) se populasie in Suid Afrika, geskat, op 700. Tot en met hierdie tyd, was daar nog geen sukses gewees in die teel van jagluiperde in aanhouding nie. Nou met n gesonde geskiedenis van 20 jaar, is De Wildt nog steeds die leier in die teel van jagluiperde in aanhouding, en werk nogsteed so hard om hierdie wonderlike dier weg te hou van die drumpel van uitsterwing. Gedurende De Wildt se loopbaan, was daar al ongeveer 600 jagluiperde by die sentrum gebore.

Terwyl die sentrum gestig was as n huis van veiligheid vir jagluiperde, insluitende die teel en bewaring van die populasie, het De Wildt uitgebrei na ander projekte wat die bewaring van ander bedreigde spesies insluit. Van hierdie projekte, is die bewaring van wilde honde, bruin hyena, suni wildsbokke, blou duikers, bontebokke, assvoels, en baie meer. Die sukses van die teel projek, verseker dat die populasie nie uitgeroei kan word nie, om rede De Wildt hulle diere weer terug in die wild in integreer. Dit het ook bygedra tot die herpopulasie van baie gebiede.

De Wildt word nog steeds deur Ann van Dyk besit, en werk saam met 24 entoesiastiese personneel en met behulp van spesialiste, om De Wildt Jagluiperd en Natuurbewarings Sentrum aan die gang te hou. Saam, werk die span om meer sukses stories te maak, en om die diere waarvoor hulle so lief is, te bewaar. Omdat De Wildt, privaat besit word, maak hulle staat op die fondse wat hulle by die ingang ontvang, asook donasies en borge. As die jagluiperd se toekoms vir jou belangrik is, maak gerus 'n donasie aan hierdie wonderlike sentrum, en help hulle om on natuur te bewaar.

De Wildt Jagluiperd en Natuurbewarings Sentrum voorsien alle besoekers met 'n ongelooflike ondervinding, en die kennis van die oorlog wat jagluiperde elke dag in die gesig staar om te oorleef.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika