Die Black Eyed Peas in konsert - 12 Oktober 2007
Talle inwoners van Johannesburg het rede om fees te vier in Oktober, Die Black Eyed Peas gaan optree slegs vir een dag en wel op 12 Oktober 2007 by die Nasrec Sentrum. Hierdie optrede is deel van hul “Black, Blue and You” toer wat hulle na veertien lande gaan neem met Suid-Afrika negende op die lys.
Die toer word aangebied in samewerking met Pepsi ten einde hul nuwe “Pepsi More” advertensieveldtog, waarvan die Black Eyed Peas ‘n deel uitmaak, te bevorder. Ander lande wat deur die toer besoek word is Sjina, Swede, Pole, Hongarye, Roemenië, Suid-Korea, Nigerië, Australië, Meksiko, Venezuela, Nicaragua en Thailand.
Die Black Eyed Peas kom van Los Angeles, Kalifornië. Hierdie Amerikaanse
Black Eyed Peas het verlede jaar in Mei Suid-Afrika besoek en ‘n liefdadigheidskonsert te Ellispark gehou waartydens die Peapod Foundation geloods is. Peapod Foundation is ingestel op hulpverlening aan kinders in nood. Die groep het kosteloos opgetree met die verstandhouding dat ondersteuners wat nie gewoonlik in die posisie sou wees om kaartjies te bekom nie, voorkeur ontvang. Dit is deur middel van ‘n SMS veldtog gedoen waartydens die eerste 20 000 respondente kaartjies ontvang het. Al die gelde geïn by die geleentheid is aan liefdadigheid geskenk.
Black Eyed Peas ondersteuners maak gereed om hierdie groep terug in Suid-Afrika te verwelkom en kry dadelik kaartjies.














