This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Breedekloof Buitelugfees

Jaarliks in Oktober word Suid-Afrikaners se passie vir die buitelug gevier met die Breedekloof Buitelugfees. Hierdie fees, wat altyd goed ondersteun word, vind plaas in die natuurskone Breedekloof wynstreek wat een van die Wes-Kaap se grootste wynproduserende valleie is en die volgende streke insluit: Goudini, Slanghoek, Breederiviervallei en Rawsonville - almal binne ‘n uur rytyd van Kaapstad. Hierdie fees vind vanjaar plaas van 12 tot 14 Oktober.

Die pretbelaaide naweek bestaan uit ‘n verskeidenheid aktiwiteite by die wynmakers en kelders van die hele streek. Uiteraard sal bekroonde Suid-Afrikaanse wyne figureer tydens die Breedekloof Buitelugfees, maar smaakkliere sal ook geprikkel word deur ‘n wye reeks tradisionele (en ‘n paar minder tradisionele) Suid-Afrikaanse geregte - van spitbraai tot oesters!

Die Breedekloof Buitelugfees het in die verlede, met goeie gevolg, altyd klem geplaas op sportaktiwiteite. Die 2007 fees sluit onder andere die volgende items in: Die Deetlefs Nagren (‘n 5 en 10 kilometer draf deur die Deetlefs landgoedwingerde); die Breedekloof Buitelug Uitdaag; en ‘n Bergfiets Pretrit gereël deur die Slanghoek wynkelders. Daar is ook die “Berg tot Berg” uitdaag op die Saterdag. Dit is ‘n 60 kilometer resies vir ervare ryers as ‘n pretren. Die roete wat gevolg word, neem die jaers deur majestueuse berge, sprankelende riviere en skilderagtige wingerde wat bydra om dit ‘n genotvolle gebeurtenis vir deelnemers te maak.

Hierdie buitelugfees is egter nie slegs vir die sportentoesias nie, maar bied ook heelwat vir die hele familie. Hierdie aktiwiteite sluit in ‘quad’ motorfietse, helikopter- ritte, boogskiet, verfbal-skyngevegte, kleiduifskiet, perderitte, gemerkte hengel kompetisies asook ‘n groot verskeidenheid musiekuitvoerings. Daar is ook ‘n tentoonstelling van buitelug uitrusting en die Kaapse Wynakademie sal gashere wees vir kos en wyn passessies by die Slanghoek Kelders. Vir die jongeres is daar ponieritte, gesigverf en kennismaak met plaasdiere.

As jy ‘n wyn fynproewer is of net vir ‘n lekker uitstappie lus is of ‘n ontspannende naweek met vriende wil deurbring, is die Breederivier Buitelugfees die plek om te wees.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator