This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Die Eden Challenge avontuurresies

Die gewilde Eden Challenge avontuurresies is geskeduleer om van 25 tot 28 Oktober 2007 in die natuurskone Tuinroete van die Wes-Kaap plaas te vind. Die dertiguurresies strek oor ‘n afstand van 250 km wat onderverdeel word in 40 km kanovaart, 150 km met ‘n bergfiets en 70 km stap/draf. Daar is ook ‘n korter resies van 180 km sodat daar iets vir almal is.

Spesiale reëlings, veral met betrekking tot vervoer, is nodig en daarom word inskrywings beperk tot 25 spanne van vier lede elk. Teen Junie vanjaar het tien spanne reeds ingeskryf, talle waarvan reeds aan vorige Eden Challenges deelgeneem het en dit ooglopend geniet het.

‘n Bewaringskompetisie geborg deur Nedbank en Brochure Management sal tydens die Eden-kompetisie plaasvind. Dit het ten doel om die Kaapse Natuurbewaring by staan in hul navorsing oor luiperd-spesies landswyd. Die voorste resiesspanne sal GPS toerusting dra en hul vordering sal daarmee gevolg word. Die kompetisie sal vrae insluit oor die Eden Challenge en die habitat van die Kaapse luiperd. Wenners sal ‘n naweek wen by ‘n uitsoekbestemming in die suidelike Kaap.

Die kompetisie begin met ‘n stapsessie vanaf die George lughawe, na registrasie en voorligting. Die uiteenlopenheid van die terrein sal deelnemers se buitelewe vaardighede taks en beteken ook dat fiksheid nie die enigste kriterium vir wen is nie. Liefde vir die natuur dra by tot moontlike sukses, terwyl die uitdaging van die onbekende en selfs ‘n humorsin bykans ‘n vereiste is. Dit sal in elke geval die verskil maak tussen ‘n eensydige poging om te wen teenoor ‘n ingesteldheid om die gebeurtenis te geniet.

Hoewel avontuurresies ‘n element van risiko inhou, is daar nietemin ‘n groot verskil tussen berekende risiko’s en nalatigheid en onverskilligheid. Dit in ag genome is dit gewens dat deelnemers vooraf hul fiksheid en veral dieet noukeurig sal bestudeer.

Daar is ‘n aantal goeie redes om in te skryf vir die 2007 Eden Challenge avontuurresies: daar is ‘n uitmuntende begin; daar is ‘n uiteenlopende, maar steeds skouspelagtige terrein; en daar is die geleentheid om met topspanne van oor die land mee te ding. Daarbenewens is daar besondere mediadekking en die geleentheid om aan ‘n goed-georganiseerde kompetisie deel te neem. Inskrywings sluit op 30 September 2007.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.