This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Die Hermanus Walvis Fees

Die pragtige Suiderlike-Regse Walvis is nou al vir ‘n geruime tyd, ‘n besoeker aan die Suid-Afrikaanse kus. Hierdie massief maar vredeliewende reuse word al vir jare deur die Suid-Afrikaanse inwoners, met liefde en bewondering, elke lente dop gehou. Hermanus word geken as een van die beste walvis-uitkyk punte in die land en daarom maak dit net sin, om die jaarlikse walvis fees hier te hou.

Vir jare word hierdie klein dorpie elke September spring lewendig, soos honderde mense toesak op die dorp om die Suiderlike-Regse Walvisse te besigtig, terwyl hulle onbewus van toeskouers in die water van Walker Baai baljaar. Hermanus is trots op die toekenning vir beste landelikse uitkyk punt vir walvisse in die wêreld en dit is om hierdie rede dat die gewoonlik rustige kusdorpie, elke jaar lewendig word. Dit het nie lank gevat vir die dorp inwoners om agter te kom dat hierdie natuurlike gebeurtenis tot hulle voordeel gebruik kan word nie. Dit is toe besluit om hierdie tyd met ‘n jaarlikse fees, met die fokus op die walvisse, te vier. Die Hermanus Walvis Fees is die enigste natuur-kuns fees in die land en dit kombineer die wonder van die natuur met die genot van musikale kunstenaars en ambagskunste.

Die tipiese skedule vir herdie natuurlike gebeurtenis, begin met ‘n uitstappie na die hooste punt van die krans, waar die beste uitsig is van die baai. Die uitstappie neem besoekers verby ‘n pragtige verskeidenheid lente madeliefies en ander natuurlike plante lewe wat gepaard gaan met die uitstekende uitsig oor die baai en die Southern Right walvisse. Nadat jy ure se genot gehad het, deur die walvisse dop te hou, kan jy jou pad begin terug maak, waar nog ‘n verskeidenheid natuur aktiwiteite op jou wag. Besoekers kan op fynbos stappe gaan, na voëls gaan kyk, hok haai-duik aanpak of skiroei geniet. Daar is ook baie inheemse diere wat op die program voorkom. As jy jouself klaar uitgeput het op die natuurskoon, kan jy jou aandag op die musikante en kunstenaars rig, wat ‘n unieke atmosfeer vir die fees skep. Jy kan jouself elke aand verloor in die verskeie sang blyspelle, konsterte, komediante en opvoerings.

Geduurende die dag, is daar oneindig baie stalletjies wat jy rustig kan besoek om ‘n paar geskenkies en herdenkings te koop, om saam huis toe te vat. Daar is ook ‘n paar sportiewe aktiwiteite soos pad wedlope en golf toernooie, asook opvoedkundige programme wat aangebied word in verband met die bewaring van die wonderlike walvisse wat ook ‘n paar minute van die kollig steel. Maak dus seker dat jy volgende September in Hemanus is, om hierdie opwindende fees by te woon.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.