This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Historiese Dorpie Carnarvon

Vanaf ongeveer 1795 het groot getalle van die Xhosa gemeenskap langs die Oranjerivier begin migreer. Dit het aanleiding gegee tot gevegte tussen die Xhosas, die Boere, die Korannas en die Khoikhoi-stamme. ‘n Sendingstasie is eindelik gevestig in 1847 deur ds. Christoph Alheit wat dit Schietfontein genoem het. Hy het sy werk onder die plaaslike stamme begin en beide ‘n skool en ‘n kerk gevestig. Die sendingstasie het gelei tot die stigting van ‘n dorpie, Harmsfontein in 1860. Sommige van die oorspronklike geboue wat tussen 1811 en 1815 opgerig is, is nog daar te sien in die historiese dorpie wat herdoop is tot Carnarvon in 1874.

Die skouspelagtige heuwels met hul kenmerkende plat kruine is ‘n kenmerk van die Noord-Kaap en lok duisende besoekers elke jaar. Toeriste word meegevoer op ‘n reis van geskiedenis, gasvryheid, argitektuur en natuurwonders wanneer hulle in Carnarvon kom. Dit is ‘n dorpie belaai met avontuur, aktiwiteite en saakmakende aanskoulikhede.

Natuur entoesiaste sal ‘n besoek aan die Skilpad Reservaat besonder geniet. Ongeveer sestig bergskilpaaie is hier woonagtig en vermaak toeriste wanneer hulle op hul name reageer of sommer net ‘n lekkerny soek. Die Carnarvon Natuurreservaat is ook ‘n gewilde wildlewe bestemming en bied ‘n wye verskeidenheid wildsoorte.

In die dorp is die Carnarvon Hotel die tuiste van ‘n ongewone aantrekkingskrag, naamlik die Blikkieskroeg. Hierdie kroeg met sy groot versameling whiskey en ook ‘n bierblikversameling is ‘n moet om te besoek. Besoekers word ook aangemoedig om die Carnarvon Museum te besoek of ook om die besondere Corbell Huise met hul buitengewone sementmengsels, koepelvormige dakke en grondvloere te besoek. Die steenmakery is ook ‘n belangrike besienswaardigheid. Die Ou Kraal Restourant, vroeër ‘n rolprentteater, bied smaaklike tradisionele maaltye. Na ‘n dag van verken soos ook die ou fort op Carnarvonkoppe wat tergdateer na 1899, bied die restourant ‘n ontspanne en gasvrye atmosfeer. Carnarvon is ‘n pragtige dorpie en ‘n volmaakte bestemming vir diegene wat unieke besienswaardighede wil ervaar.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.