This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Jane Goodall Instituut se Chimpansee Eden

Net buite Nelspruit is ‘n unieke bewaringsplek en aantrekkingskrag ten opsigte van die bewaring en beskerming en terselfdertyd die opvoeding van die publiek ten opsigte van ‘n veilige heenkome vir Chimpansees. Dit is die enigste Chimpansee bewaringsplek in Suid-Afrika. Die Instituut ontvang Chimpansees van oral ter wêreld wat uit hul natuurlike omgewing geneem is as jong diere en nou sonder heenkome is. Die Jane Goodall Instituut se Chimpansee Eden red en versorg sodanige diere en red sodoende jaarliks ontelbare chimpansees se lewe.

As gevolg van ontbossing, jagters en die gebruik van chimpansees in laboratoria asook vir sirkusoptredes en troeteldiere word bereken dat chimpansees binne die volgende tien uitgewis kan wees. Die Jane Goodall Instituut het sulke bewaarplekke op verskeie plekke in Afrika opgerig ten einde hierdie uitsonderlike diere die geleentheid te bied om van hul traumas te herstel en ‘n tweede kans op lewe te bied. Die personeel van die Jane Goodall Instituut word gemotiveer deur hul onvoorwaardelike liefde vir chimpansees om hierdie diere teen uitwissing te beskerm.

Die duisend hektaar reservaat bied aan die Chimpansees semi-beboste hokke waar hulle versorg word, maar steeds hul vryheid en pret kan geniet in hul natuurlike habitat bykans soos in die natuur. Die chimpansees word in groepe geplaas in hul omheinde gebiede sodat hulle steeds natuurlike interaksie kan ervaar en besoekers kan gevolglik die groepsdinamiek by hulle waarneem. Voerareas is so geplaas dat dit steeds aan die Chimpansees die onafhanklikheid verleen om self hul voedsel te “vind” en terselfdertyd makliker gesien kan word deur besoekers. Die bedryf van die bewaringsplek is afhanklik van die vrygewigheid van die publiek deur middel van donasies en vrywilligers wat tyd aan die aksie afstaan. Die “Adopt-a-Chimp” program het ook bygedra tot versterking van fondse wat nodig is vir reddingspogings en die vervoer van die diere na die instituut. Rehabilitasie en navorsing word deurlopend uitgevoer ten einde metodes om die chimpansees beter te laat aanpas, in die reservaat en in die natuur, steeds te verbeter.

‘n Besoek aan die Jane Goodall Instituut se Chimpansee Eden is nie alleen ‘n genotvolle ervaring nie, maar dra by om liefde en veiligheid aan die baie chimpansees wat steeds in nood verkeer, te verseker.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.