This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Kaapse Goeie Voedsel en Wynskou

Kaapstad is ‘n stad met ‘n wye verskeidenheid ten opsigte van kulture en leefstyle wat sorg vir ‘n kleurvolle en dinamiese bestemming. Van 15 tot 18 Mei 2008 is die stad die gasheer vir die indrukwekkende Cape Good Food and Wine Show. Hierdie voedsel skouspel bied demonstrasies, proe, interaktiewe werkswinkels, koue bier, wyn, mengeldrankies en seekos aan in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum.

Kombuis-uitstallings met die nuutste toerusting en tegnologie rondom kookkuns sal aan besoekers die geleentheid bied om die groot name in die wêreld van kookkuns te sien waar hulle hul smaaklike meesterstukke skep. Dit gaan ook aan die publiek die geleentheid bied om van hierdie fynproewer disse te proe en terselfdertyd ‘n paar kookwenke van top sjefs te ontvang.

Van die sjefs wat hul kennis en vaardighede ten toon gaan stel, is die bekende Britse en BBC sjef, Andrew Nutter, wat ‘n Organiese Forum gaan aanbied wat beter eetgewoontes en totale leefstyl sal promoveer. Die gewilde Hairy Bikers, Simon King en Dave Myers, sal ook deelneem, asook die Ierse skoonheid, Rachel Allen. ‘n Ander BBC gunsteling, Stefan Gates, gaan ook daar wees en sal besoekers ‘n lewende vertoning bied van sy Full on Food program. Cyrus Todiwala gaan besoekers nooi om te deel in sommige van sy fassinerende Indiese disse.

Die organiseerders van die fees het verseker dat die vertoonteaters en stalletjies van die hoogste gehalte sal wees. Sommige van die hoogtepunte waarna uitgesien kan word, is die Celebrity Chefs Theatre, Great Wine Tasting and Sale, die Kahlua Coffee Theatre, die Best South African Restaurants Chefs Theatre, Cooks and the Books, die LG Hands On Workshop, Gino Ginelli Decadent Theatre, en die Theatre of Passion Food.

Kaartjies vir hierdie uitstaande kosfees kan aanlyn bespreek of gekoop word of ook by die deure van die Cape Good Food & Wine Show. Toegang vir volwassenes is R75 per persoon en kinders jonger as twaalf en pensioenarisse betaal R35. Die kaartjie sluit gratis kos- en wynproe in asook die lewendige vertonings en teaters. Daar is asemrowende pryse wat weggegee word dwarsdeur die naweek. Vir ‘n voedsel ervaring van ’n leeftyd is die bywoon van hierdie fees ‘n moet.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.