This Blog is also available as an RSS Feed

Nuuswaardig

Die Lion King Musiekblyspel Kom Suid-Afrika Toe

Hierdie jaar gaan ‘n baie spesiale jaar vir Suid-Afrikaanse gehore wees, wat die tiende herdenking van “The Lion King” as ‘n Broadway Musiekblyspel gaan vier. Daar is baie min van ons wat die wonderlike Disney rolprent “The Lion King” misgeloop het, toe dit ‘n paar jaar terug in 1997 uitgekom het.

Die produksie sal op die Suid-Afrikaanse verhoog plaas vind in Johannesburg, waar die gehoor betower sal word deur hierdie uitstekende musiekblyspel, wat die vele talente van Suid-Afrika sal beklemtoon. Lebo M, ‘n musikant en komponis, was deel van die oorspronklike produksie van “The Lion King” in New York, en sal weer deel wees van die plaaslike weegawe. Die musiek wat gehoor sal word, is eg Suid-Afrikaans, met bekende wysies soos “Pridelands” en “Circle of Life”, wat dit waarlik ‘n Suid-Afrikaanse ervaring sal maak.

Vir diegene wat nie heeltemal die storie kan onthou nie, hier is ‘n vinnige verkorting van die “Lion King” verhaal. Simba, ‘n leeuwelpie, verloor sy pa (Mufasa) in ‘n voorval wat sy nare oom beplan het. Sy oom, Scar, wil koning wees, en oorreed Simba dat hy verantwoordelik is vir sy pa se dood. Simba vlug dan en skuil in die oerwoud tot hy groot genoeg is om sy oom vir die troon aan te vat.

Die “Lion King” produksie maak op die 6de Junie 2007 oop, by die Monte Casino teater, wat sitplek vir 1 900 toeskouers het. Rolbesettings vir die drie-en-vyftig kunstenaars, wat nodig is vir die blyspel, het in September verlede jaar begin. Vanaf die eerste produksie van die rolprent verskyn het, het Suid-Afrika ‘n belangrike rol in die sukses van die rolprent gespeel. Dit maak dus sin dat die tiende herdenking van die “Lion King” produksie hier sal plaas vind, wat soveel invloed en betrokkenheid daarin gehad het.

Julie Taymor, ‘n direkteur met verskeie toekennings; Thomas Schumacher, ‘n welbekende regisseur; Pieter Toerien, teater regisseur met jare se ondervinding en Lebo M, ‘n komponis, om maar `n paar te noem wat hierdie gekwalifiseerde span sal lei om die blyspel ‘n sukses te maak vir almal, jonk en oud. Baie van die kunstenaars wat aan die Suid-Afrikaanse produksie van die “Lion King” deel neem, het al in verskeie ander produksies om die wêreld op gevoer. Dit sluit in Buyi Zama wat Rafiki speel, Andile Gumbi in die rol van Simba en Sello Make as Mufasa. Die amptelike borge vir hierdie merkwaardige blyspel is die SAUK (Suid-Afrikaanse Uitsaai Korporasie) en Telkom Suid-Afrika.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.