This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Mandela-museum ─ 'n Simbool van 'Oorwinning oor teenkanting'

Nelson Rolihlahla Mandela, ook bekend as Madiba, het die simbool geword van vryheid en demokrasie in sy land en ook ver buite sy grense. Hy word allerweë erken as die 'n man van wysheid en empatie en 'n bevorderaar van menslike waardigheid en gelykheid. Die geskiedenis van hierdie gerespekteerde staatsman en sy tydgenote is van besondere belang vir miljoene Suid-Afrikaners en toeriste wat elke jaar Suid-Afrika besoek. Met hierdie belangstelling as agtergrond is Nelson Mandela se voormalige woning te nommer 8115 Vilakazistraat, Orlando-Wes, Soweto aan ‘n multimiljoen rand opknappingsprojek onderwerp en heropen vir die publiek op 19 Maart 2009.

Die huis is in 1945 gebou en Nelson Mandela en sy eerste vrou, Evelyn, het daar hul intrek geneem in 1946. Hy het geter nie veel tyd daar deurgebring nie aangesien hy dikwels op vlug was van die veiligheidsmagte tot sy arrestasie en daaropvolgende gevangehouding in 1962. Die woning is deur die Mandela gesin bewoon totdat dit deur die owerhede as ‘n erfenisperseel in 1996 verklaar is. Die Mnadela-museum was spoedig ‘n gewilde toeriste aantrekkingskrag en ten einde die toenemende besoekersgetalle te kon akkommodeer is daar besluit om die fasiliteite op te gradeer. Tydens die restourasieprojek is sorg gedra om nie die outentiekheid van die woning aan te tas nie en koeëlgate kan in sommige van die mure asook teen die fassade gesien word wat die gevolg was van botsings met die voormalige regeringsmagte. Die nederige drieslaapkamer huis het ‘n moderne besoekersentrum en ‘n klein gedenktuin wat hulde bring aan die geskiedenis van die Mandela-gesin. Binne is daar sommige van die oorspronklike meubels wat deur die gesin gebruik is. Daar word videosnitte vertoon en foto’s is op uitstalling wat aan besoekers ‘n insig bied in die gesin wat so ‘n geweldige impak op hierdie tydsgewrig in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gehad het. Een van die mure is ten volle bedek met sertfikate en sitate wat aan Mandela deur universiteite en stede rondom die wêreld opgedra is. Daar is ook ‘n verskeidenheid memorabilia opgedra aan Mandela en dit sluit ook in die wêreldkampioenskapsgordel wat deur die bokslegende Sugar Ray Leonard aan die president opgedra is.

Tydens die openingseremonie van die museum onder die leiding van die Gautengse premier Paul Mshatile, het Madiba se dogter, Zindzi ‘n verklaring van haar vader voorgelees wat dit gestel het dat die Mandela-museum ‘n simbool is van ‘die vermoë van die menslike gees om te triomfeer oor teëspoed’ en dat dit die erfenis is van ‘n nasie ‘wat geweier het om te buig voor tirannie of om hom oor te gee aan bitterheid.’

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.