This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Die ‘My Coke’ Fees 2007

Oor die afgelope paar jaar het Suid-Afrika baie internasionale aandag getrek, in ‘n paar verskeie maniere. Baie van die land se ontwerpers, musikante and akteurs het al internasionale lof ontvang en duisende welbekende besoekers van alle hoeke van die wêreld, swerm na ons kuste, om ons klein paradys vir hulself te ervaar.

Die jaar 2007 behoort geen verskil te wees nie en groot konsert organiseerders staan al reeds in tou vir die volgende konsert wat ‘n program propvol internasionale musikante het, met baie van hulle groter as wat meeste Suid-Afrikaners van kan droom om ooit te sien. Die My Coke-Fees 2007 word gekenmerk as die grootste musiek fees van die jaar en dit lyk werklik asof dit net so suksesvol – of selfs meer suksesvol – as laas jaar se ‘Coca-Cola Colab Massive Mix Festival’ gaan wees.

Die fees gaan in April en Mei van hierdie jaar plaasvind, en konsert organiseerders is nogsteeds besig om plaaslike en internasional kunstenaars te teken om op die verhoog op te stap en fees ondersteuners die vertoning van ‘n leeftyd te gee. Tot dusvêr sluit die program die volgende kunstenaars in: Evanescence, Staind, 3 Doors Down, Hoobastank en die ‘rock’ legendes Guns ‘n Roses, en vele meer. Die konsert sal ook van Suid-Afrika se beste musikante op die verhoog hê, wat sy aan sy met die internasionale sterre sal optree en ‘n bietjie Suid-Afrikaanse geur by die konstert sal voeg. Al tien kunstenaars sal by elke vertoning optree. Die ‘My Coke’ Fees sal op die 27ste April afskop by die New Market Perde Resiesbaan in Johannesburg, waarna dit na die Kenilworth Perde Resiesbaan in Kaapstad sal skuif, op 1 Mei. Durban sal nie hierdie jaar ‘n vertoning aanbied nie en organiseerders neem hierdie kans om die ander twee konserte beter te maak as die vorige jare. Die uitvoering gaan definitief uitputtend wees, maar gaan ‘n fantastiese twaalf ure wees en net een kunstenaar op ‘n slag, sal op die verhoog wees.

Die ‘My Coke’ Fees gaan duisende musiek entoesiaste lok van oor die hele land, wat sal saam kom by die twee konsterte om die beste musiek in die wêreld te geniet. Dit sal die eerste keer wees vir baie van die kunstenaars, om in Suid-Afrika op te tree, en sal heel waarskynlik geskok wees om die hoeveelheid ondersteuning en bewonderaars te besigtig!

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.