This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die opwindende MPH Motorskou

Die naam Jeremy Clarkson is rondom die wêreld aan elke motor entoesias bekend. Hy beskik oor die wonderlike vermoë om objektief kommentaar te lewer oor voertuie wat die publiek aangryp, maar op ‘n wyse wat nie alleen vermaaklik is nie, maar wat van hom ‘n ikoon gemaak het in die wêreld van vinnige, luukse of elegante motors. Hy was onmiddellik beskikbaar as gasheer en aanbieder by die MPH 2008 motorskou.

BP Ultimate is die borg van hierdie grootste en skouspelagtigste motorskou in Suid-Afrika wat sal plaasvind van 31 Januarie tot 3 Februarie 2008 by die Coca Cola saal in Johannesburg. Van die nuuskierige tot die ernstige motorliefhebbers sal daar wees. Die lys van gebeure wat daar aangebied gaan word, sal die grootste ondersteuner se verwagtinge oortref.

Jeremy Clarkson met die hulp van Sasha Martinengo, die Suid-Afrikaanse motorsport drywer en TV aanbieder, gaan die toeskouers neem op ‘n reis van ongekende kleur, ontwerp en krag. Die MPH 2008 sal weer eens die toeskouers wys op innovasie, tegnologie en werkverrigting, terwyl verwagtinge oor wat die toekoms gaan inhou ook sterk sal figureer. ’n Negentig-minute MPH teatervertoning sal die toeskouers laat uitroep vir meer. Asemrowende toertjies deur waaghalse, bestuursvertonings en hoë spoed jaagtogte sal toeskouers na hul asem laat snak. Daar is ook georkestreerde botsings, brandende buitebande en ontploffings.

Na die vertonings is daar nog die uitsonderlike uitstallings van motors wat net bewondering verdien. Droommotors soos die Aston Martin, Lamborghini en Ferrari is maar ‘n paar van die motors wat van naderby besigtig kan word. Dit is natuurlik ook ‘n geleentheid vir vervaardigers om hul nuwe modelle bekend te stel en verteenwoordigers van SAAB, Cadilac, Volvo en Opel gaan onder meer die geleentheid benut.

As die motors nie genoeg aantrekkingskrag is nie, is die geleentheid om Jeremy Clarkson te sien wel voldoende motivering om die geleentheid by te woon. Kaartjies vir volwassenes wissel tussen R170 en R260 en daar is ‘n spesiale prys vir kinders onder 12 van R100 wat ongelukkig die vertonings van Vrydag en Saterdag uitsluit. Vir ‘n naweek van opwinding is die MPH 2008 Motorskou ‘n moet.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator