This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Splashy Fen Fees

Die Splashy Fen Fees is ‘n jaarlikse buitelug musikale fees wat op die Splashy Fen plaas, wat in die Suid-Afrikaanse Drakensberge gebied geleë is, plaasvind. Hierdie opwindende fees bied met trots die mees bekendste musiek kunstenaars in die land aan. Daar is ook ‘n verskeidenheid aktiwiteite wat die hele familie kan geniet. Die 2007 Splashy Fen Fees sal vanaf 5 April tot 9 April gehou word, en is ‘n byeenkoms wat jy nie wil misloop nie.

‘n Baie belangrike doelwit vir die organiseerders van die Splashy Fen Fees, is dat al die musiek oorspronklik en suiwer Suid-Afrikaans moet wees. Toe die fees begin het, het hulle gekonsentreer op ligte ‘rock’ musiek, volks liede, iscathamiya en mbaqanga. Maar oor die jare het die fees begin om alternatiewe ‘rock’ musiek en popmusiek as deel van hulle program in te sluit. Hierdie prettige and lewendige musiek fees is waarlik ‘n samesmelting van alle Suid-Afrikaanse klanke, en verteenwoordig werklik die reënboog van Suid-Afrika. Elke jaar lok die Splashy Fen Fees duisende musiek geesdriftiges wat saam drom om die musiek te geniet, te kamp, lekker te swem, ‘n paar herdenkings te koop of om natuur stappe te geniet. Die organiseerders van hierdie Suid-Afrikaanse fees het twee tente beskikbaar gestel vir onophoudelike luister plesier, waar kunstenaars optree. Die African Rainbow Village bied besoekers ‘n fantasiese geleentheid vir ontspanning. In hierdie area kan jy rustig tussen die stalletjies rond loop, interesante werkswinkels bywoon of ‘n wonderlike terapeutiese behandeling geniet. Nog ‘n fasineerende aktiwiteit wat deur die hele familie geniet kan word, is die kunsvlyt mark, kinder vermaaklikheids area en die kinder bewaarskool wat tussen 7 uur in die oggend en 10 uur in aande op is. Alle besoekers se behoeftes word na omgesien, deur die beskikbaarheid van bier tente, bier tuine, kos stalletjies, kamp terreine, warm storte, toilet geriewe, polisie tente, mediese tente, ‘n tent hotel, ‘n bank teller masjien en in informasie tent. Fees geesdriftigers kan ook perdry geniet, golf, warm lugballon vaarte, helikopter ritte, vierwielaangedrewe fiets toere en tennis.

En hoe lyk die kunstenaar en groep program vir die Splashy Fen Fees 2007? Wel, daar is definitief iets vir almal, met optredes deur The Parlotones, Jack Hammer, Rory Eliot, SpoonFeedas, New Academics, Tony Cox, Chris Chameleon, Tidal Waves, The Hellphones, Taxi Violence, The Kiff, LA Cobra, Myepic en baie meer. Die ‘Free Stage’ is baie gewild, waar musiek liefhebbers hulle musikale talente met die fees kan deel.

As jy dalk belangstel om hierdie wonderlike en opwindende musiek fees by te woon, is kaartjies vir die 2007 Splashy Fen Fees beskikbaar deur Computicket, spesifieke Game winkels in die KwaZulu-Natal provinsie of by die hek. Kinders onder die ouderdom van 12, kry gratis toegang tot die fees.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.