This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Suidelike Spoorwegroete

Die roete begin by Kaapstad se hoofstasie en stop te Nuweland, Observatory, Muizenberg, Kalkbaai en Simonstad en bied aan passasiers ‘n unieke blik op die Kaapse Skiereiland met ‘n spoorlyn wat soms slegs enkele meter van die see af loop. Met ‘n dagpas kan passasiers tussen 10:0 en 16:00 by enige van die haltes afklim en weer op ‘n volgende trein klim. Indien u op die Skiereiland vir ‘n Kaapse vakansie tuisgaan, kan die trein gebruik word vir ritte na die Kaapstad middestad of enige ander bestemming, elk met sy unieke bekoring.

In samewerking tussen die Stad Kaapstad, Metrorail en Kaapstad Toerisme is daar ‘n aanwyser by elke stoppunt na die vernaamste troeriste aantreklikhede ─ en daar is waarlik ‘n groot verskeidenheid om van te kies ─ aangedui word. Die geskiedenis van die Simonstad hawe strek terug na 1687 toe dit as ‘n vlootdepot gevestig is. Hierdie skilderagtige nedersetting langs Valsbaai is steeds ‘n vlootdorp, maar ook ‘n gewilde vakansiebestemming. ‘n Wandeling langs die ‘historiese myl’ lei tot ‘n besoek aan die museum in die ou Residensie waar hulde gebring word aan die legendariese seeman Just Nuisance, en dan is daar ook nog die Warrior Speelgoedmuseum.

Die aantreklike sandstrand van Muizenberg word verder versier deur kleurvol geverfde houthutte wat as aantreklokale gebruik word. Die ligging van hierdie strand bied ‘n skuiling teen die sterk Kaapse winde en dra by tot die gewildheid daarvan vir baai en branderplankaktiwiteite. Die historiese dorpie Muizenberg beskik ook oor Valsbaai se oudste gebou, Het Posthuys, langs die hoofweg en dateer terug na die 1600’s. Ander plekke van historiese belang is die terrein van die Slag van Muizenberg in 1795 en die sogenaamde Rhodes Cottage, die tuiste van Cecil John Rhodes waar hy in 1902 oorlede is.

Kalkbaai is ‘n tradisionele visserdorpie waar visvang steeds ‘n groot aktiwiteit is, maar wat ook tans bekend is vir sy boheemse leefstyl met talle winkeltjies wat kunshandewerk verkoop, restourante met vars seekos ens. Kalkbaai is eweneens gewild onder branderryers en daar is ook grotte wat uitdagings aan avonturiërs bied.

Die Suidelike Spoorwegroete gaan ook deur Nuweland, ‘n Kaastadse voorstad aan die voet van Tafelberg, en Observatory waar die sterrewag geleë is en naby die Universiteit van Kaapstad wat dit ‘n gewilde kuierplek vir studente maak. Die treine op hierdie roete wissel mekaar a elke veertig minute af en elke uur op Sondae en is sekerlik een van die gewildste daguitstappies rondom Kaapstad.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.