This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die wilde perde van Kaapsehoop

Die geskiedkundige myndorpie, Kaapsehoop, is ongeveer 25 kilometer vanaf Nelspruit in Mpumalanga. Die Kaapsehoop omgewing bied onoortreflike natuurskoon met watervalle, inheemse woude en ruwe berge. ‘n Groot deel van die grasvelde in die omgewing is tot ‘n Nasionale Bewaringsgebied verklaar en bied heenkome aan talle inheemse voëlsoorte insluitend die bedreigde blou swaweltjie. Binne hierdie diereparadys beweeg die legendariese wilde perde van Kaapsehoop vrylik.

Daar is baie stories en selfs fabels oor die herkoms van Kaapsehoop se wilde perde. Oor die honderd jaar wat hierdie perde hier vry beweeg, het stories ontstaan en baie van die ou stories is so aangedik dat daar nie duidelik tussen feit en fiksie onderskei kan word nie. Wat wel ‘n feit is, is dat 200 van hierdie perde vrylik beweeg in die 17000 hektaar rondom Kaapsehoop en hulle word met groot lojaliteit deur die plaaslike bevolking beskerm. Wat herkoms aanbetref, is dit oorheersend afstammelinge van die bekende Boerperd en hulle beweeg in klein troppies van drie of vier, maar ook in groter troppe van twintig en meer.

Talle eko-vriendelike toere bied aan toeriste die geleentheid om die gebied te perd te verken, baie soos die delwers van ouds. Ervare gidse lei hierdie perdetoere langs die skouspelagtige Drakensberg platorand wat uitkyk op die asemrowende Barberton vallei. Toeriste kry dan ook die kans om langs die Kaapsehoop wilde perde te galop. Die toere sluit ook in besoeke aan die ou myne en verkwikkende swemgeleenthede in die koel, helder poele onder die watervalle.

Goud is in 1876 in die gebied, aanvanklike bekend as Duiwelskantoor, ontdek. Die naam is ontleen aan drie yslike rotse wat, tesame met die bome, ‘n kantoor gevorm het met sitplek en ‘n tafel. Die somber atmosfeer was vir die naam verantwoordelik. Die eerste regeringsgeboue is in 1885 opgerig en die naam van die ontwikkelende dorpie was Kaapsehoop vanaf 1886. Baie van die oorspronklike geboue staan vandag nog en is gerestoureer en aangepas en bied aan die toeris restourante en kroeë en ook nog handwerk en kunswinkeltjies.

Suid-Afrika is ‘n land met ‘n uiteenlopende verskeidenheid en besoekers kan nie die geleentheid misloop om te perd hierdie gebied te verken en langs die Kaapsehoop wilde perde te ry nie.

Must Read? 100% 0% 1 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator