This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Die Wonderwêreld van Voëls in Houtbaai

Daar word meer as 3 000 voëls en klein diertjies, verteenwoordigend van meer as 400 spesies daar gehuisves in meer as 100 voëlhokke wat kunstig geplaas is tussen natuurlike plantegroei by die World of Birds in Houtbaai. Besoekers kry die geleentheid om ‘n kykie te kry in die privaat lewe van voëls waar hulle sing, eet, pronk, sosialiseer, neste bou, hul eiers uitbroei en hul kleintjies grootmaak in hierdie tropiese wonderwêreld.

Besoekers kan verwag om ‘n verstommende verskeidenheid voëls te sien wanneer hulle deur die hokke wandel. Die Suid-Afrikaanse en Oos-Afrika Kraanvoëls benut enige verskoning om af te wys en selfs die skoonmakers word vergas op vertonings wat vergelykbaar met verhoogproduksies is. Die Bloukraanvoël is Suid-Afrika se nasionale voël en word as ‘n bedreigde spesie beskou omdat hul grasveld habitat met kragdrade oortrek is en vergiftiging van peste dikwels hulle ook tref. Hierdie elegante voël teel gelukkig baie suksesvol in aanhouding en hul getalle groei.

Die kaalkop reier wat eens in groot getalle voorgekom het, word ook nou bedreig, maar reageer goed op broeiprogramme by die World of Birds. Wanneer ‘n swerm van 50 opgebou is, sal oorweging geskenk word om hulle weer vry te laat. Verskeie komiese voëls het egter nou reeds so mak geword dat hulle vrylik met die publiek meng. Hulle is veral ingestel om skoenveters te pik ─ dalk met die hoop dat dit ‘n wurm is. Vir die ernstige fotograwe is hier talle geleenthede veral met die variasies van die verskillende pousoorte. Tydens paartyd is dit veral ‘n skouspel as hierdie poue hul skouspelagtige stertvere uitsprei ─ net om dié vere elke somer weer te verloor. Die Blou Pouhoender word in Indiê, waar hulle die nasionale voël is, gesien as die beskermer van onskuldiges aangesien hulle slange doeltreffend dood maak.

Saam met die groot versameling voëlspesies bied die World of Birds ook ‘n tuiste aan bobbejane, ape, meerkatte, eekhorinkies, jakkalse, krimpvarkies, marmotte skilpaaie en vele meer klein diertjies.

Dis duidelik dat die voëls en die ander diertjies gelukkig is in hul omgewing by World of Birds veral omdat die landskapsontwerpers soveel moeite gedoen het om die woonplekke so na as moontlik aan hul natuurlike woonplekke te omskep. Met Tafelberg, die Twaalf Apostels, Constantiaberg, Klein Leeukop en Chapman’s Piek as agtergrond, is die World of Birds ‘n prima toeriste aantreklikheid. Meer as 100 000 besoekers geniet hierdie paradys elke jaar. Maak seker dat jy een van hulle is.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.