This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

DumaZulu Traieisone Stat

Vir plaaslike en internasionale besoekers kan 'n besoek aan die DumaZulu Tradisionele Stat 'n baie genoeglike ervaring wees. Dis naby Hluhluwe geleë en kan maklik bereik word van Durban of Johannesburg. Die naam beteken Dreunende Zoeloe en is verklaar tot 'n outentieke tradisionele stat tydens die opening daarvan deur koning Goodwill Zwelihtini. Daar is geen beter plek in Suid-Afrika waar die Zoeloe-stam en verskeie ander plaaslike stamme ontdek kan word nie. Dit is ‘n interaktiewe toeriste aantreklikheid en is pret, opvoedkundig en kleurvol.

Die atmosfeer word reeds by die aankoms geskep deur warm kleure soos oranje, bruin en rooi en word aangevul deur ronde hutte wat die beeskraal omkring in die tradisionele Zoeloe wyse. Elkeen van die hutte verteenwoordig 'n verskillende stam en sluit in Venda, Swazi, Ndebele, Xhosa, Tsonga en Zoeloe uitstallings. Daar woon 'n permanente Zoeloe groep in die stat bestaande uit ongeveer vyftig lede wat elkeen oor sy eie besondere vaardighede en talente beskik. Besoekers sal ook 'n tradisionele Sangoma ontmoet, dansers sien asook pottebakkers, mandjiemakers, skildmakers en vele ander.

Binne en rondom die stat is daar veel te sien en te doen en dit sluit in kulturele vertonings, wildtoere, 'n kuriowinkel en ook ‘n tradisionele ete en 'n krokodil en slangpark. Besoekers kan ook daar oornag in gerieflike selfsorg eenhede op die perseel. Vir gaste wat oorbly, Is daar 'n veelheid van aantrekllike aktiwiteite soos die Tembe Olifantpark, Sodwanabaai, die Lubomboberge, die Isimangalisa Vleilandpark en die Umfoloziwildpark. Daar is ook 'n opgeleide gids vir besoekers aan die stat en die gidse verryk die ervaring deur verduidelikings van die Zoeloekultuur, hul geskiedenis en leefwyse en vertolk ook die simboliek van die danse. Graham Stewart, 'n bekende Zoeloe-kenner bestuur die aktiwiteite en vermaak dikwels besoekers met interessante vertellings.

Die ontdekking van DumaZulu Tradisionele Stat word sterk aanbeveel en slaag daarin om Suid-Afrika se kulturele diversiteit te kombineer met asemrowende natuur.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.