This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Equestria 2007 - ‘n Byeenkoms om na uit te sien

Te midde van die gewoel van die stadslewe in Gauteng, Suid-Afrika se digsbevolkte provinsie, gaan diereliefhebbers na die Coca Cola koepel in Northgate, Randfontein van 30 November tot 2 Desember 2007 vir Equestria 2007. Soos uit die naam afgelei kan word, is die fokus van hierdie gebeurtenis op alles wat verband het met perde. Die voog van hierdie byeenkoms is Gary Player, die wêreldberoemde gholfspeler wat self ‘n vermaarde ruiter is, en wat die byeenkoms sien as die toonvenster vir plaaslike talent en ook aan ruiters die geleentheid bied om die nodige ervaring op te doen ten einde internasionaal te kan meeding.

Suid-Afrika se uitsoek perde, ruiters en skouspringers sal hul aansienlike talente uitstal by Equestria 2007. Die perde-skou en byeenkoms is ‘n kombinasie van uitstaande binnenshuise skouspring, gespesialiseerde rykuns vertonings asook gekoreografeerde skouspele - alles op die tema van die komende feesseisoen.

Kompeterende nommers sal verseker die adrenalien laat pomp en die “uitklop kompetisie” waar ruiters sekondes van hul mededingers se tyd probeer afknyp is immer gewild by deelnemers en toeskouers. Die “Meester” nommer waartydens die wenner van elke rondte nomineer watter hindernis verhoog moet word, is altyd opwindend. Die binnenshuise “Grand Prix” bly egter altyd die hoogtepunt.

Die Berede Spele Vereniging van Suid-Afrika (Mounted Games Association of South Africa) loods ook ‘n kompetisie met gesogte titels. Dit was ‘n baie gewilde gebeurtenis tydens Equestria 2006 en beloof om in 2007 nog meer opwindend te wees. Hondetoertjies word ook reg deur die naweek aangebied.

Verdere aantrekkingspunte van Equestria 2007 is ‘n troeteldierplaas vir die kleintjies waar ritte op karretjies deur ponies getrek ook aangebied word. Kersvader sal ook daar wees in sy grot en kleuters kan hul foto saam met hom laat neem. Uitstaande kunswerke sal ook vertoon word by die Equestria Kunsgalery en daar sal ook kleinhandel uitlaatpunte wees wat alles rakende perde en ander diere te koop sal aanbied. Kuns- en handwerk markte sal ook daar wees.

Met ‘n uiteenlopende opwindende dinge dwarsdeur die naweek, is dit beslis die moeite werd om te beplan om Equestria 2007 by te woon.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator