This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Ervaar Afrika in die Pongola Wildtuin

Ongeveer 450 kilometer vanaf Johannesburg en 350 kilometer van Durban word die Pongola Wildreservaat aangetref. Dié volmaakte boservaring in KwaZulu-Natal is die oudste wildtuin in Suid-Afrika en die tweede oudste in die wêreld. In 1894 reeds is dit deur die destydse president Paul Kruger tot natuurreservaat verklaar. Vandag nog handhaaf dit die hoë standaarde van vroeër en met die ongelooflike verskeidenheid dierelewe en asemrowende landskap bied dit ‘n fantastiese Afrika-avontuur.

Hierdie wonderlike natuur- en wildtoevlugsoord lok menige plaaslike en internasionale besoekers met sy diverse geleenthede om die natuurskoon te geniet. Die akkommodasie is bekostigbaar en tog luuks met ‘n wye keuse soos: die Mpalane hengeloord; die Mhlozi boskamp; die Mvubu wildtuin; die Sondaba boskamp; die Nkwazi-oord en die Inyati-oord.

Verskeie toekennings is reeds aan die Pongola wildtuin gemaak soos die Natal Parkeraad se Bewaringstoekenning in 1993, die Departement van Landbou se Themba-toekenning vir grondbewaring in 1988; die SA Wildboerdery toekenning in 2007 en die SA Jagtersvereniging se Bewaringstoekenning in 1985 en weer in 1989. Besoekers kan ‘n verskeidenheid dierelewe besigtig en dit sluit in kameelperde, sebras, olifante, renosters, buffels, hiënas, seekoeie, krokodille en wildebeeste. Die olifantgetalle is aangevul met twee nuwe teelkuddes en in Oktober 2006 is twaalf nuwe swart renosters ingevoer met die hulp van die WWF Swart Renoster Uitbreidingsprojek.

Unieke ervarings wag op besoekers en is onder andere die renosteropsporingstelsel wat deur saam met opgeleide toergidse spoor te sny en dus diere van nader te besigtig. Die olifant moniteringsprogram sorg ook vir groot opwinding. Voëlkykers kan hulself uitleef met 350 verskillende spesies.

Vir die avontuurlustiges is daar natuurlik wildbesigtigtingstoere, kanovaarte, staptoere en tiervis hengelgeleenthede. Toere te perd word ook aangebied vir ‘n unieke wyse om die natuur te ervaar.

Die Mvubu Spa is natuurlik net die regte medisyne vir diegene wat al die voorafgaande ervarings net te uitputtend vind. Behandelings vir ontspanning en massering vir seer spiere word in kalmerende weelde aangebied.

Die Pongola wildtuin is beslis ‘n kombinasie van ongelooflike natuurskoon, luukse akkommodasie, wonderlike ervarings en beskik ook oor die geheim om dit te bewaar en te geniet. Hierdie bydrae tot die natuur- en wildbewaring in Suid-Afrika is van besondere waarde en bly ‘n fantastiese ervaring van beskerming en rehabilitasie van die natuurlewe in Suid-Afrika.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator