This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Ervaar die opwinding van Ratanga Junction

Gille van plesier en opgewondenheid trek deur die lug en ‘n mensemassa dwaal ongeduldig rond in afwagting vir hul beurt op een van avontuurritte. Kameras blits in alle rigtings soos besoekers desperaat poog om die opwinding van elke oomblik vas te vang. Kinders hardloop wild rond met ouers wat poog om by te bly, terwyl elke sentimeter van die 20 hektaar park se prag en avontuur verken word. Dit is Ratanga Junction temapark, een van die gewildste toeriste-aantrekkings in Kaapstad.

Wanneer jy Ratanga Junction temapark betree, betree jy ‘n nuwe wêreld. Reusagtige bome en subtropiese plantegroei versier die park en ‘n laat ‘n gevoel van adrenalien-suisende verwondering. Jy verwag om Indiana Jones enige oomblik om die hoek te sien nael en dan dwarsdeur jou verbeelding terwyl jy langs die waterstrome en oor die bruggies beweeg. Hierdie asemrowende toeriste-aantrekkingskrag in Kaapstad het ongeveer RM300 gekos om te bou, maar het sedert sy opening in 1998 geblyk om elke sent daarvan werd te wees. Die park is nie die hele jaar oop nie want die instandhoudingskoste in die stil maande is te hoog. Dit is tydens skoolvakansies oop asook oor die hele Desember- Januarie-vakansietyd.

Die pretritte is die hoof aantrekkingskrag na Ratanga Junction en daar is iets vir ‘n ieder om te geniet. Van die gewildste ritte is die vreesaanjaende Cobra. Die 32-meter hoë stellasie het draaie en krulle wat jou maag bykans laat omdraai teen ‘n spoed van byna 100 kilometer per uur. Hierdie rit is die toppunt vir die adrenalien-verslaafdes. Die Slingervel (Slingshot) laat slagoffers 30 meter vêr vryval met slegs ‘n harnas en ‘n kabel om hulle van die grond af te hou. Die Monkey Falls is ‘n gesinservaring met die hoogste boomstomp-waterval ter wêreld, naamlik 18,5 meter. Vir diegene wat nie bang is vir ‘n bietjie water nie of om van kop tot tone nat te word nie, is daar die Crocodile Gorge. Die harde arbeid in die myne kan ontsnap word deur ‘n rit in die Diamond Devil Run myntrein wat nie remme het nie en nie weet hoe om spoed te verminder nie. ‘n Rit deur digte, onverkende woude is moontlik met die Bushwacker wat ‘n ware wilde diere ervaring bied. Vir die kleiner kinders is daar kleuterritte, mini-gholf asook vermaak deur ‘n hanswors, terwyl hul gesigte geverf kan word soos in hul wildste drome.

Die voedselarea, versteek in die ommuurde stad, het verskeie kitskos verskaffers asook restourante te kies en te keur. Ratanga Junction maak ook voorsiening vir funksies en spesiale geleenthede. Daar is ook daagliks voël- en slangvertonings en dikwels lewendige musiekaanbiedings. Met vier en twintig pretritte en ongeveer dertig ander vermaaklikhede om van te kies, kan gestel word: Ratanga Junction bied alles! Ten slotte, terwyl jy sit en wonder wat om volgende aan te pak sal die soet klanke van Radio Ratanga jou in die stemming hou.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.