This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Ervaar die skoonheid van die Paarlberg Natuurreservaat

Suid-Afrika is bekend vir sy wildernisgebiede en die Kaapstad-omgewing skiet nie daarin te kort nie. Behalwe vir die uitstaande landmerk, Tafelberg en sy omringende natuurreservaat, is daar verskeie ander in die omgewing. Die Paarlberg Natuurreservaat is een daarvan.

Paarl is die derde oudste nedersetting in Suid-Afrika, net na sy bure Kaapstad en Stelenbosch. Dit is ‘n uitsonderlik natuurskone area en bekend vir sy landskappe en in besonder vir sy berg. Paarlrots of –berg bestaan uit ‘n groot granietrots met drie geronde uitlopers. Die berg is die tweede grootste granietrots ter wêreld. Die berg en sy omgwing is bekend as die Paarlberg Natuurreservaat. Die land se fynbos plantegroei oorheers die gebied en bied skuiling, nektaar en voedsel vir die talle diere wat die gebied bewoon. Antieke wilde olywe, wabome en rotskandelare omring ook die massiewe graniet rotse. Die rustigheid van die omgewing is ongelooflik en dit word verder verhoog met die reusagtige opgaardamme wat daar gebou is. Die Paarlberg Natuurreservaat bied ook ‘n ongelooflike uitsig op Tafelberg en die Bolandse berge.

,p>Die Paarlberg Natuurreservaat word die beste ervaar te voet aangesien dit die tyd bied om elke uitsig, klank en reuk te ervaar. Die Klipkers Natuurroete is ‘n sirkelroete wat omtrent twee uur neem om te loop en is deur plaaslike skole ontwikkel en het ook ‘n volledige gids om die ervaring nog aantrekliker te maak.. Staproetes help ook met die bewaring van die gebied aangesien dit minder vernietigend is as voertuigroetes. Daar is egter ‘n opsionele roete vir voertuie ─ bergop met die grondpad Jan Phillips Betgpad wat eintlik ‘n moet is vir skouspelagtige panoramas wat ontdek kan word. Voëlliefhebbers sal hier ‘n ongeskonde voëlkyk omgewing vind en verkykers is ‘n moet wanneer die area besoek word. Op jou volgende besoek aan Kaapstad moet ‘n besoek aan die Paarlberg Natuurreservaat oorweeg word. Dit is immers net ‘n paar kilometer weg.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.