This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

FNB Dans Sambreel Fees

Die FNB Dans Sambreel Fees is ‘n jaarlikse byeenkoms, wat al elke jaar vanaf 1989, in Suid-Afika aangebied word. Dit sal vir die jaar 2007 tussen 17 Februarie en 17 Maart gehou word. Hierdie opwindende maand lange fees is ‘n fantastiese skouspel van Suid-Afrikaanse eietydse danse en unieke choreografie. Hierdie platform word aan die gemeenskap en jeug groepe aangebied. Dit is nie net die talentvolle Suid-Afrikaanse optredes wat die kollig vang nie, maar ook die buitelandse dans geselskappe wat die verhoog deel. Die belangrikste doelwitte vir die Dans Sambreel se Forum, is om ‘n spasie te maak vir nuwe werke en die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse kontemporêre dans.

Die Dans Sambreel vir 2007 sal weereens werke voorstel wat deur Suid-Afrikaanse, asook internasionale, choreograwe verwerk is. In sy 19de bestaans jaar, sluit die FNB Dans Sambreel programme in wat oor die hele Johannesburg sal plaasvind, in verkillende plekke soos die WITS Teater Kompleks, die Mark Teater en die Johannesburg Universiteits Teater. Die Dans Sambreel, wat eers ‘n klein 10 dae lange byeenkoms was, geniet nou internasionale bekendheid. Diegene was die byeenkoms gaan bywoon kan gerus uitkyk vir wonderlike talente soos Sifiso E Kweyama, Gregory, Magoma, Musa Hlatshwayo, Gary Gordon, Compagnie Linga (Switserland) en Panaibra Gabriel (Mosambiek). Kyk ook uit vir die volgende vertonings:

‘Counter Circles’ is ‘n samewerking tussen Duitsland en Kenya. Dit is ‘n fasineerende stuk wat na die lewe kyk as klein deeltjies van ‘n groot horlosie, met individue wat rolle verander. Van Switserland is die “emballe-moi” (vertaal as “Draai my toe”), is oor die advertensie bedryf, wat geskryf is deur Marco Cantalupo en Katarzyna Gdaniec. Wola-Baba is bymekaar gesit deur ‘Back to Hip Hop’ (van Frankryk) en Via Katlehong. Dit is ‘n wonderlike ontmoeting tussen twee kulture. ‘Improvise_2’ vertel die storie van die emosies wat deur straat kinders ervaar word. It is deur Andrèy Ouamba, van Senegal, gechoreografeer. ‘Cleaning’ is ‘n unieke dans, wat die kollig plaas op die feit, dat dit nie saak maak wie jy is nie, of wat jou agtergrond is nie, skoon maak is deel van die lewe. Dit is ‘n spesiale samewerking tussen Sifiso Kweyama van Suid-Afrika en Gilbert Douglas van Zimbabwe.

Die besonderse ‘Young Choreographers Residency Program’ vorm deel van die FNB Dans Sambreel 2007. Hierdie byeenkoms word tussen 17 Februarie en 17 Maart aangebied, en word deur die Nasionale Kunste Raad en die Nasionale Lotery Verspreidings Fonds geborg. Die finale afronding van die FNB Dans Sambreel 2007 is dat dit die Gauteng MEC Toekenning vir Kontemporère Choreografie en Dans 2006 gaan wees. Kaartjies vir hierdie opwindende dans fees is beskikbaar deur Computicket, of is by die deure verkrygbaar.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.